Het jy gehoor?

Sprokies is GROOT in 2011

By die Londense Modeweek verlede maand het woude, wolwe en appelrooi lippe die loopplank oorheers. Die ontwerper Vivienne Westwood het ‘n Alice in Wonderland-tema gehad, en Mulberry se sprokiestema se inspirasie was Roald Dahl se Fantastic Mr Fox. Alfred Angelo het vir die 20ste herdenking van Disney se feëverhaal-troues ‘n spesiale Aspoestertjie-trourok ontwerp. En hedendaagse weergawes van sprokiesverhale is in die ontwerpe van Gauri and Nainika gesien.

Maar dit is die vermaakbedryf wat behoorlik sprokie-koors het. Later vanjaar word ‘n Sneeuwitjie-fliek verwag waarin ons eie Charlize Theron die rol van die nare koningin sal speel, en eersdaags begin Red Riding Hood in teaters draai. Amanda Seyfried van Mamma Mia!-faam speel die rol van Rooikappie daarin. Kyk hier onder na die lokprent.

Dan het die wêreldbekende fotograaf Annie Leibovitz ook ‘n hele klomp Hollywood-akteurs gebruik in ‘n fotoreeks oor Disney se sprokies.

Die aktrise Rachel Weisz as Sneeuwitjie
Die aktrise Scarlett Johansson as Aspoestertjie
Die aktrise en model Jessica Biel as Pocahontas
Die tennisspeler Roger Federer as koning Arthur
Die model Gisele Bündchen as Wendy, aktrise Tina Fey as Tinkerbell en die balletdanser Mikhail Baryshnikov as Peter Pan
Die sokkerster David Beckham as prins Phillip van die Slapende Skoonheid
Die aktrises Julie Andrews as die blou fee in Pinocchio en Abigail Breslin as Fira, een van die Disney-feetjies
Die sangeres en aktrise Jennifer Lopez as Jasmine en sanger en akteur Marc Anthony as Aladdin
Die sangeres Beyoncé as Alice in Wonderland, en akteurs Lyle Lovett as March Hare en Oliver Platt as die Mad Hatter
Die aktrise Whoopi Goldberg as die genie van Aladdin
Die swemmer Michael Phelps as ‘n meerman en aktrise Julianne Moore as Ariel van The Little Mermaid
Die aktrise Penélope Cruz en akteur Jeff Bridges as die Skoonheid en die Ondier
  • Lindy

    Scarlett lyk die beste…

  • Odette

    WOW…. Baie goed gedoen…. En so mooi

  • Ek is mal hieroor! Ek hou veral van die celebs wat hulle kies het – hulle pas perfek by hul rolle!

  • Adri

    Baie oulike idee! Feeverhale met moderne mense!

  • Madelyn Lomas

    Aaaah…Wow! Wie het gese ons moet kinders wees om die "magïc"van ‘n feeverhaal te waardeer! Asemrowend!

  • ESTHER REYNECKE

    DIT IS BITTER OULIK. MAAK MY BAIE OPGEWONDE VOEL.

  • Anet

    Baie goed gedoen! Ons mag mos drome droom!

  • Hanlie Du Plessis

    Ek sal dag en nag na die Fee verhale kyk, baie meer streelend as enige ander "movies"

  • muqdblby

    iq7VLl zlmmbqdvsbgs, [url=http://dhueekiqzwds.com/]dhueekiqzwds[/url], [link=http://liqxzimomzdt.com/]liqxzimomzdt[/link], http://skxqoihpqjec.com/