spud_learning_to_fly_final
Het jy gehoor?

Spud en Oscar op die silwerdoek

Spud-aanhangers is in vir ‘n ding! Die avonture van die adolessente Spud Milton duur voort met ‘n derde Spud-boek (Learning to fly) wat 10 Junie op die rakke verskyn – én ‘n fliek is in die pyplyn.

Die vervaardiger van die film, Ross Garland, het pas op Spud se facebook-groep die aap uit die mou gelaat: “Ons het ‘n regte internasionale ster aan boord wat die rol van Guv gaan speel. Ek hoop om sy naam binnekort bekend te maak. Ek sien BBC doen op die oomblik heruitsendings van sy top TV-program. Die geld kom ook nou mooi bymekaar. Sodra ek die groen lig kry vir verfilming om in Desember te begin, sal die oudisies vir al die tienerrolle plaasvind by skole en aanlyn. Ons wens dit kon soos Idols wees, want die plaaslike talent is baie. Maar ons het ‘n beperkte begroting en daarom sal die aanlyn-oudisies maar moet deug. Nóg goeie nuus! Dieselfde verspreidingsdiens wat Tsotsi aan die wêreld bekendgestel het, het ingestem om die Spud-film te versprei.”

Sluit aan by Spud – The Official Group op facebook en lees ook John van de Ruit se joernaal

*Oscar Pistorius, SA se Bladerunner, het ook ‘n film aan die kom. Tom Hanks beplan om die film te maak en dit staan tans net bekend as die “Untitled Oscar Pistorius Project”.

Hanks, wat ‘n Oscar gewen het vir sy uitbeelding van die brawe Forrest Gump, sien glo ooreenkomste tussen dié karakter en Pistorius, wat al kleintyd ondanks sy gebrek aan rugby en waterpolo deelgeneem het, berig ‘n Sondag-koerant.