Charlize Theron
Het jy gehoor?

Staan Charlize Theron en Sean Penn op trou?

Is Charlize Theron en Sean Penn op pad kansel toe? Ons goue meisie van Benoni is op die voorblad van Esquire se Mei-uitgawe. Hierin gesels sy onder meer oor haar verhouding met die I am Sam-akteur. 

Charlize, wat eersdaags in Mad Max: Fury Road te sien is, vertel aan die tydskrif dat sy “baie gelukkig” is saam met haar “baie aantreklike” kêrel: “Hoe sê mens dit in ’n onderhoud? Jy is ’n 40-jarige vrou wat soos ’n 16-jarige klink,” het sy geskerts.

Charlize Theron

Dit maak dus sin dat die aktrise glad nie gekant is teen die idee van trou nie: “Die trou-ding was nog altyd vir my vreemd. Maar ek hou van die moontlikheid dat enigiets kan gebeur. Ek geniet myself in die oomblik. Dit geld ook my seun, my lewe en my vriende,” het sy bygevoeg.

“Dit voel lekker om deel te wees van ’n verhouding waarin ons eers net vriende was. Ek het dit nog nooit gehad nie. So ’n verhouding het uit die staanspoor uit gravitas  Daar is ’n fondasie van 20 jaar se vriendskap tussen ons.”

Hello! berig dat Sean, wat al langer as ’n jaar romanties met Charlize verbind word, ook in die proses is om Charlize se seun, Jackson (3), wetlik aan te neem.

Bronne: Esquire en Hello!

Lees ook