FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Staan Julia Roberts op skei?

Die Pretty Woman-aktrise en haar man, Danny Moder, se huwelik is op die rotse – as ons die oorsese skinderblaaie moet glo.

Star berig Julia en Danny, wat in 2002 getroud is en drie kinders het – die 9-jarige tweeling, Hazel en Phinnaeus, en die 7-jarige Henry – is aan’t skei.

’n Bron na aan die paartjie vertel dat Julia glo vir Danny, ’n kameraman, soos een van haar werkers behandel en dat hy die helfte van haar fortuin eis.

Julia Roberts

Maar dit is ook dié tydskrif wat in die verlede al gesê het dat Reese Witherspoon, Justin Timberlake én Channing Tatum op skei staan – gerugte wat toe nie waar was nie.

Ons weet nie of ons dié een moet glo nie!

Julia met Hazel en Phinnaeus net ná hul geboorte

Julia met Hazel en Phinnaeus net ná hul geboorte

Dít is met wie Julia al in verhoudings was

  • Benjamin Bratt (1997 – 2001)
  • Matthew Perry (1995 – 1996)
  • Getroud met sanger en akteur Lyle Lovett (1993 – 1995)
  • Jason Patric (1991 – 1992)
  • Verloof aan Kiefer Sutherland (1990 – 1991)
  • Dylan McDermott (1998 – 1990)
  • Liam Neeson (1987 – 1988)