y5Nk0aRfAG6Fss4AlSvzmigWnUuhIHa794rZKRUDprk,JJGaQbxiusRvHHtS3MYYuYeFhg6S0ywIAnEoSi5cTh0,etmaVzt82B4WR38vvkYfbvVw5sNeTSHFbk9_GU2QDl0,69VViPieFleWEkt_lq6Cb4Cl50rbYDXkPE5PFejgwYc
Het jy gehoor?

Stef Bos en Len Muller sing ‘Sarie Marais’

SARIE.com wys vir jou Donderdag eksklusief-eerste die musiekvideo van Len Muller en Stef Bos se “Sarie Marais”.

Sarie Marais 

Ja, SARIE sal altyd ’n verbindtenis met die liedjie “Sarie Marais” hê – dit was immers die tydskrif se naam vir ons eerste 27 jaar.

Dis die liedjie wat in twee wêreldoorloë, en ook tydens die Anglo-Boereoorlog, so gewild was. Die een wat talle kunstenaars met trots sing. Ook die een wat vroue van verskeie vroueverenigings uit Afrika ’n paar jaar gelede op ’n konferensie in Turku, Finland, gesing het en afgevaardigdes van oor die wêreld laat opspring het om mee te doen aan ’n liedjie van hoop.

10 SARIE-feite: Het jy geweet?

Oor die presiese herkoms van die liedjie is daar nie klaarheid nie, maar die boodskap is klinkklaar: positief, Afrikaans en trots Suid-Afrikaans. Die hartsboodskap van ons tydskrif, skryf redakteur Michélle in ’n ou redakteursbrief.

En nou het Len Muller en die bekende Belgiese sanger Stef Bos weer vir “Sarie Marais” ‘n nuwe baadjie aangetrek.

xzSMJOZUB9rTpYh5M8zk-uVM-dQKdpYxH0pCyiG_Sp4,lpGl1t3Ty2oW0-TlQweVY__-6s6uMeZx16fAFnzRWLU,mkPBig-LnglSaD2FOXw7eCGZOXMEdFa8z5RxWMwI44I,5p6VgcmrlI04mVdNRZJZG1aojMesNrE89R76UkjeHIQ

Hou SARIE.com Donderdag dop vir die eerste eksklusiewe bekendstelling van dié musiekvideo.

Len Muller

Len Muller – voorheen bekend as die voorsanger van die alternatiewe rock groep DieFoute – het aan die einde van 2011 besluit om ‘n solo-loopbaan aan te pak. Vanjaar is sy debuutalbum, Doodgewone avontuur, uitgereik. Medeskrywers sluit die befaamde Stef Bos, Retief Burger (Luidkeels), Bouwer Bosch (Straatligkinders & Dans Dans Lisa), asook Jattie de Beer (Vertikaal & Douvoordag) in.

2pWZuqOKqfIYGVk-CE2yyQcEV_RMjgNAIz5tiKbV2OM,7MDY_2QmVjNzoQt11wB9sVNpc9XAlQx7II-n5pPSWnE,cfQ39iyPPp-1uqG1dyZfaIyRvnvFtSe3anwktR-Soxo,zNZdVcigZjTk93kevmet7oV7iCU_jDn3GEXPiKKMOZ8

Stef Bos, Joshua na die Reën en Janie Bay sing ook saam met Len van die liedjies op die album.

“My lirieke is baie persoonlik, diep en eerlik. Dit kom byna net so uit my persoonlike joernaal. Ek wil graag hoop in mense se lewens insing en dié bemoedig wat deur swaar tye gaan. Ek is moeg vir veral Afrikaanse musiek sonder enige emosie. Ek glo ek het meer om oor te sing as net geld, meisies en goeie tye. Die mooiste liedjies vir my is die hartseer liedjies; want moeilike tye is ook deel van die lewe waardeur ons almal gaan,” sê Len.

2Xso0aM0S9VSbSqfXMG6bzZ4CjGRAd8fVNwgY1sMRWU,n2K5kaQW6aC9JIfbw4e1LXqqaqu8MDiqvHLID3ALTYw