FOTO: Binnelanders

FOTO: Binnelanders

Het jy gehoor?

Stefan Ludik: Koebaai Binnelanders, hallo Elvis!

Ná vier jaar gaan ons eie McDreamy, dr. Gustav Kemp, ’n hospitaalsaal vir ’n verhoog verruil.  

Die akteur Stefan Ludik gaan vir eers die Binnelanders-sepie groet en al sy aandag op sy rockgroep, Elvis se Seun, plaas. Hy het reeds sy laaste episodes in Desember geskiet, maar sal tot einde Maart in die hospitaalsepie te sien wees, berig Rapport.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Vir drie jaar moes Stefan sy tyd tussen Binnelanders en Elvis se Seun goed verdeel.“Ek het nie ’n lewe gehad nie. Daar was nie eens tyd om ’n meisie te kry nie,” het hy verder aan Rapport vertel.

Hy het verklap dat Gustav nie doodgaan nie, so Stefan kan dalk iewers weer ’n draai in Binnelanders maak.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Hy is nie al akteur wat Binnelanders gaan verlaat nie. SARIE.com het verlede jaar berig dat Desiré Gardner, wat Daleen vertolk, ook die sepie gaan verlaat. Sy gaan binnekort in Suidooster te sien wees.

“Dit is vir my hartseer om Binnelanders te groet en dit was ’n ongelooflike ervaring om in een van die gewildste Afrikaanse sepies te speel,” het Desiré destyds gesê.

Kyk na hierdie twee musiekvideo’s van Elvis se Seun:

Lees nou