large_header_image_small
Het jy gehoor?

Stem vir die Tuis vir Kersfees-finaliste

Met die besef dat die feestyd nie altyd so feestelik is vir Suid-Afrikaners in die uithoeke van die wêreld nie omdat hulle huis toe verlang, het KuduClub – die aanlynportaal waar jy teen betaling na die beste Suid-Afrikaanse vermaak en sepies kan kyk – die antwoord met hul Tuis vir Kersfees-veldtog.

Een gelukkige persoon en sy/haar metgesel het die kans om twee retoerkaartjies na Suid-Afrika te wen.

Jy kan nou die wenner aanlyn kies! Besoek Kuduclub se webtuiste en stem vir die persoon wat jy dink die prys die meeste verdien.