Nadia Beukes, Jenna Dunster
Het jy gehoor?

‘Sterlopers’ vanaand, en nog meer Afrikaanse TV-vermaak in Januarie!

Die jaar skop af met ’n hele paar nuwe televisiereekse – en nuwe seisoene van gewilde reekse. Skuif jou rusbank nader en gaan 2016 maar rustig in, want hier’s baie om na uit te sien! 

Vanaand om 21:00 begin die tweede seisoen van Sterlopers op kykNET (DStv-kanaal 144).

ISABEL_BEN_ALEXIA

FOTO: Verskaf

Nadia Beukes, Marleé van der Merwe, Marno van der Merwe, Jenna Dunster, Armand Aucamp, Franci Swanepoel, Willem Botha, Izak Davel, Leah en Suzzi Swanepoel is maar net van die bekende gesigte wat jy in hierdie reeks gaan sien.

Sterlopers gaan oor die pad na roem en sukses en al die ontnugtering, verraad, hartstog en skandaal wat daarmee gepaard gaan.

Die tweede seisoen is propvol bekende kunstenaars en nuwe talent. Sterlopers word geklassifiseer as ’n jeugdrama. Nie net leen die aard van hierdie genre hom tot die bekendstelling van nuwe, jong talent nie, maar dit gee ook vir meer bekende kunstenaars die geleentheid om hul talent op ’n splinternuwe platform ten toon te stel.

As jy te nuuskierig is om te wag tot vanaand, kyk die eerste episode HIER.

Ander televisiereekse wat ons ook opgewonde maak, is:

Inspirasiekos met SARIEop VIA, DStv-kanaal 147

herman inspirasiekos via

Maandagaande om 17:30.

Republiek van Zoid Afrika

Môre-aand, 7 Januarie om 20:30, skop die derde seisoen van Republiek van Zoid Afrika op kykNET (DStv-kanaal 144) af. Sandra Prinsloo en Snotkop is haar eerste gaste vir die nuwe seisoen.

FOTO: Anelia Loubser

FOTO: Anelia Loubser

Die Boekklub

Ons kan nie meer wag vir hierdie opwindende reeks om te begin nie! Kyk uit vir Die Boekklub volgende Dinsdag, 12 Januarie 2016 om 20:30, op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: