people
Het jy gehoor?

FOTO’S: Sterre vóór hulle sterre was

Mila Kunis is nie alleen as die sexyste lewende vrou deur Esquire aangewys nie, sy is ook die vrou wat Ashton Kutcher se hart en oog in toom kan hou ná sy huwelik met Demi Moore verby is. In die foto (bo) is sy nog jonk en lyk onskuldig (en kleurvol!). Onder is die 29-jarige Oekraïner op die voorblad van die Esquire­ waarin sy as die verleidelikste vrou aangewys is.  

Mila Kunis

En kan jy raai wie is dié blondine op die foto wat 23 jaar gelede geneem is?

Cameron Diaz

Ja, Cameron Diaz was op die voorblad van Seventeen toe sy 18 jaar oud was. Net vier jaar ná hierdie voorblad het sy naam gemaak as Jim Carrey se medester in The Mask.

Cameron Diaz

Gaan kyk gerus op People se webblad vir nóg modelfoto’s van sterre toe hulle jonk was.

Wie dink jy het oor die jare die meeste verander? En wie lyk asof hulle nie verouder nie?