steve_d_sitting_on_bed
Het jy gehoor?

Steve D sterk aan in Hospitaal

Sy woordvoerder, Alishia van Deventer sê: “Steve het griepsimptome getoon en van hoofpyn gekla.  Hy het ook die afgelope 18 maande geweldige gewigsverlies getoon, maar het dit toegeskryf aan sy druk skedule.”

Na ongeveer 240 vertonings in 2011, waarvan meeste was om die Solidariteit Helpende Hand Fonds vir Bejaardes, wat hy  help stig het, bekend te stel, het Steve D verlede week skielik uitgeput begin voel.

Sy toestand het by die dag merkbaar versleg, en het hy vir bloedtoetse gegaan waar dokters agtergekom het hy verloor baie bloed. Hy is dadelik gehospitaliseer. 

In die hospitaal het die dokters onmiddellik met behandeling begin om misterieuse bloedverlies teë te werk, maar slegs twee ure later is Steve inderhaas oorgeplaas na die intensiewe sorgeenheid, nadat sy bloedtelling verder gedaal het.  

Sy toestand het egter verder versleg en die dokters het, na drie ure in die teater, besef sy slukderm is onnatuurlik verdun. Steve is gediagnoseer met ’n bloeiende maagseer en vernoude slukderm.  

Tot hede het Steve reeds sewe eenhede bloed ontvang, en hy sterk goed aan. Hy is reeds uit die intensiewe sorgeenheid uit.

Hy is steeds swak, maar het vanuit sy hospitaal bed sy waardering uitgespreek vir almal se ondersteuning.  “Dit beteken ongelooflik baie vir my en my familie.”  Hy is ook opreg dankbaar vir die wonderlike boodskappe van beterskap wat hy op sy Facebook-blad.

Hy het ook ’n beroep op die publiek gedoen om gereeld bloed te skenk.  “Ek besef nou eers, vir die eerste keer in my lewe, hoe belangrik dit is om bloed te skenk as jy kan. Deur bloed te skenk red jy werklik iemand se lewe,” sê hy.

Steve is gretig om so gou moontlik weer op te tree. “Daar is uitsonderlike vertonings wat voorlê, en Januarie 2012 wil ek afskop met my beplande optrede in die Kaap by One&Only en vandaar weer die pad saam met Solidariteit Helpende Hand aandurf.”  

Stuur ‘n boodskap vir Steve D by alishia@stormrekordz.co.za of besoek www.stevedonline.com

  • Andre en Elani van Staden

    Hi Steve

    Word gou gesond ou maat,ons dink aan jou.
    Mag julle n geseende kersfees en n voorspoedige 2012 he.