Het jy gehoor?

Wat sê die sielkundige oor Steve-fans

En waar laat dit sy getroue aanhangers? In die Oktober-uitgawe het SARIE ’n paar om ’n tafel bymekaargebring – hulle wóú hul hart oopmaak

WAT SÊ DIE SIELKUNDIGE?

Dr. Henriëtte van den Berg, departement sielkunde, Universiteit van die Vrystaat: Baie mense in ons samelewing voel ontmagtig weens ekonomiese en politieke verandering en dan kan die behoefte na helde baie groter wees. Rolmodelle is vir mense belangrik as voorbeeld van dít waarna hulle streef. Maar weens die sg. “stralekrans-effek” gebeur dit dikwels dat daar aan bekendes met een uitsonderlike talent (sang, dans, sport) ook verskeie ander positiewe eienskappe toegedig word, soos goeie waardes of finansiële kennis, wat eintlik min verband hou met hul talent. Kyk maar hoe dikwels word sportlui of skoonheidskoninginne gebruik om versekerings- of finansiële produkte te onderskryf.

Mense wat fokus op bekendes se lewens bou ’n denkbeeldige persona op vir dié mense, dikwels uit karige inligting – brokkies wat in die pers verskyn of wat die glanspersoon self tydens ’n openbare verskyning oordra. Indien die bekende mens self inspeel in dié helderol, versterk dit vurige aanhangers se persepsie dat die “held“ unieke eienskappe het en spesiale behandeling moet kry.

“…om dié rede”

Om dié rede kan dit vir aanhangers moeilik wees om daarmee gekonfronteer te word dat hul helde maar net menslik is en ook foute maak. Dán is hulle aanvanklik geskok en teleurgesteld. Vir die deursnee-mens behoort sulke ervarings eindelik by te dra tot groter lewenswysheid – waar ’n mens besef alle mense maak foute en dat almal uit mekaar se foute kan leer.

 

Mense wat hul energie sterk fokus op bekendes, ervaar foute soms meer intens en kan emosioneel meer ontwrig word. Weens die stralekrans-effek meen sommige mense ook bekendes verdien voorkeurbehandeling en behoort nié oor dieselfde kam as gewone mense geskeer te word nie. Hulle vergewe hul held makliker as wat hulle ander vergewe.

Reaksies wissel: Sommige mense sal sê dit maak nie saak wat hy doen nie, ek ondersteun hom. Ander sal sê ek sal nooit weer ’n CD van hom koop nie. En ’n derde groep sal sê ek dink sy musiek is goed en ek sal dít koop, maar ek kan hom nie meer as méns respekteer nie. Die gedrag van aanhangers kan byna vergelyk word met die proses wat ’n vrou deurgaan wanneer haar man haar verkul: Sy gaan hom vergewe en weer probeer of hul paaie gaan skei . . .

Jou Oktober-uitgawe is vanaf 14 September te koop.

  • Louise van der Linde

    Ek is passievol oor Steve. Ek keur nie al sy optredes goed nie maar wie is ons om ‘n vinger na hom te wys want wie is ons om die eerste klip op te tel om hom te stening en is sonder sonde.
    Hoeveel waarheid is daar in sy verhoudings en sekskapades en hoeveel is illusies. Ons ‘n sensasie bewuste nasie. Steve se gewildheid word nie bepaal deur hoeveel verhoudings en seks hy gehad het nie maar oor sy persoonlikheid, warmte en omgee. Steve jy is wonderlik.
    Steve jy kan enige tyd jou skoene onder my bed sit en sal dit nie aan die klok hang nie.

  • Elize Mare

    Onthou dit is gewoonlik die hoogste bome wat die meeste wind vang, ek gee nie om wat hy doen nie, sy private lewe is syne en hy is geregtig daarop. Dit staan soos ‘n paal bo water uit dat die man talente het, en dit gebruik! Koerante publiseer sensasie want hulle het syfers wat moet klop op die einde van die dag, no matter what! Steve jy is ‘n fantastiese kunstenaar en ja die mense wat so met klippe gooi, wonder hoeveel geraamtes het hulle in die kas!!! Steve, as dit vir my beskore was, het ons ook lankal ‘n affair gehad 🙂 Pasop jy wat oordeel is alreeds veroordeel! We love you Steve!

  • Steve is en bly fantasties. Mense kan nou gerus maar ophou om klippe te gooi en hulle self eers te ondersoek. Wat in sy private lewe aangaan het niks met ander te doen nie. Wie is “after all” sonder foute. Hy het buite egtelike kinders en ek het nog nooit gehoor dat hy hulle verwaarloos nie. Steve is ‘n mense mens en sal ek nog lank sy stem wil hoor.

  • Cornelia Kruger

    Ek dink dit is regtig hoogtyd dat die mense vir Steve uitlos. Om heeltyd gekritiseer word, moet een of ander tyd sy tol eis op sy gemoed. Hy is en bly my hero en niks wat die ander se sal dit verander.

  • Lizelle van Dyk

    Na al die kommentaar wat ek gelees het is almal tog reg. Die wat vir Steve is leef volgens die Woord om nie iemand te veroordeel nie is reg. Die wat teen die egbreuk is ook reg want GOD haat egbreuk. Dit kom telkemale in die Bybel voor. Maar ek bid vir Natasha en die kinders want hulle het baie seer gedry. Ek bid dat GOD vir Steve onder sy vlerk sal neem en dat hy weer sy kinders se hero eendag sal wees. Ek bid dat al die mans weer heros in hulle gesinne word. Wees lief vir jou vrou sy is geskenk van GOD en vrouens se vir julle mans hulle is n hero hulle wil dit hoor. Bid elke dag vir jou man kinders en huwelik. Ek wil ook vir almal se daar is net een Idol en dis GOD.

  • M Kruger

    Ek het so 2 weke terug weer na Steve se vertoning gaan kyk.En weer eens was dit uit die boeke,die man kan entertain.En dis waarvoor ek hom betaal.
    So Steve,as jy hier lees,dankie ,ek sal weer gaan kyk.Tot my man het na die tyd gese hy sal weer gaan.Ek was nooit juis ‘n Steve fan nie,maar na ek een van sy vertonings gaan kyk het,was ek een van sy grootste fan en is nog steeds.En Andries Botha is net so cute.

  • Liza

    Aan al die mense wat so opkom vir Steve, hy kan nie vir altyd wegkruip by sy "fans" nie. Hy moet verantwoordelikheid vat vir sy dade. Dit gaan daaroor dat ons klippe gooi nie, dit gaan oor reg en verkeerd. Hy is n voorbeeld vir ons kinders en ek wil definitief nie hê my kind moet eendag sy voorbeeld volg nie. Hy het gekies om in die openbare oog te wees en hy het dus geweet watse verantwoordelik hy het teenoor sy familie en sy "fans" Wat van sy vrou en kinders hoe moet hulle voel? Hoeveel vernedering moes Natasha nie deurgaan nie? Dit is vir my ongelooflik hoe mense nogsteeds sy kant vat na alles wat hy gedoen het. Ek was self een van sy grootste aanhangers, het al sy CD’s, videos en vertonings bygewoon. Maar as ek sou voortgaan om hom te ondersteun, beteken dit ek keur goed wat hy gedoen het. Die Here sê ons moet vergewe, dit het ons gedoen, maar hopelik verdien Steve ons vergifnis want ek kan amper my kop op n blok sit dat dit nog lank nie die einde van hierdie sage is nie. Sterke aan Natasha en haar kinders en mag Steve sy lewe lei soos hy wil, want as ek na sy arrogansie kyk het hy nog baie lesse om te leer, miskien sal hy eendag as hy oud is en stoksiel alleen (sonder fans, sonder al die jong bokkies, sonder al die oulike meisies), terugkyk en vra was dit als die moeite werd?

  • Charmaine Swanepoel

    Kan ek asb.’n koppie tee of 8 kry om oor almal te gooi wat Steve so sleg sê? Hy verdien dit nie. Die vrou van HG het dit verdien!! Sy breuk ons SA kunstenaars af net om die week se HG verkoop te kry! Steve veg vir Afrikaans en vir dit wat reg is. Hy is ‘n entertainer en ‘n groot afrikaner en daarvoor haal ek my hoed vir hom af. Wat word van die vrouens wat hulle self so maklik aan Steve gee – hulle verkoop hulle storie en verdwyn dan van die aardbol. Hoekom word hulle nie sleg gesê of goedkoop gemaak nie? Hoekom kry hulle die publiek se ‘bejammering’? Wat doen hulle vir ons pragtige taal? Hulle weet tog dat hy getroud is, so hoekom doen hulle dit? Hulle het mos gekry waarna hulle gesoek het, ‘n aand met Steve! Steve ek hoop jy lees hierdie en weet jy is my HERO en ook vir baie miljoene mense daar buite! Aan die mense wat so na bybel versies verwys: Hou asb op daarmee. Hy hoef niemand hier op aarde ‘n verduideliking te gee nie. En dis nie Steve se plig om ‘n voorbeeld vir jou kinders te wees – dis jou eie plig!

  • M Botha

    Die van julle wat so oordeel uitdeel, en aandring dat Steve julle onverskooning moet vra voordat julle hom vergewe, WAT GAAN MET JULLE AAN??? Julle is nie GOD nie, en nog minder Natasha! Daarmee se ek nie die foute wat hy al in sy lewe begaan het is reg nie, maar hy het op sy troudag voor God trou, aan Natasha belowe nie aan julle nie! Ons is almal mense met foute! Dit gaan my verstand te bowe hoe mense ons beroemdes betrap terwyl hulle lewe, en dan wanneer die ONSE VADER hulle eendag kom haal, dan wil almal huil en vertel hoe goed hulle was, en hulle dan vreeslik ophef!!! JULLE IS SKEINHEILIG!! Los vir Steve uit, koop sy Cd’s of los dit, gaan kyk na sy shows of los dit! Wees self voorbeelde vir julle kinders en moenie dit aan ander oorlaat nie! Leer julle kinders wat reg en verkeerd is, dis al wat jy kan doen, maar ek waarborg jou hulle gaan ook foute maak!

  • VIVI ROSE

    Steve, Steve, Steve … Maak jy die Rapport oop dan lees jy van Steve, durf jy SA se swakste tydskrif die Huisgenoot koop dan lees jy weer van Steve, loer jy vinnig deur die Beeld dan lees jy weer van Steve. OOPS Sarie ook … Vanoggend vat ek ‘n papiertjie by die verkeerslig by ‘n man met ‘n neon hemp aan, dan is dit weer ‘n STEVE advertensie. Ek wonder maar net of die media besef daar is ook mense wat regtig nie in die man belangstel nie, nie agv sy sekspades of enige iets nie, ons het nog nooit in hom belang gestel nie en nou word hy daagliks in my keelgat af gedwing soos suurmelk. Ek voel NAAR!!!!!

  • C Grobler

    Dis waar – wie van ons het die reg om Steve te oordeel? Elkeen van ons maak foute – gaan lees weer die "Onse Vader gebed" en oordeel dan.
    Steve is net n mens soos almal van ons – hy sal self eendag voor die Troon moet gaan staan en sy sondes bely.

  • Rita Jonker

    Aan almal wat Steve en enige ander bekende se foute tot vervelens toe analiseer: kry tog net n lewe, "get over it" en gaan jou gang.Geen wonder Steve is moedeloos en kwaad, hoekom moet enigiemand hoegenaamd so leef?

  • Evette

    Die verskil tussen die gewone man op straat en Steve is, hy is in die kollig. Dit wat hy doen weet almal van en praat almal van. Wat van die skinder en bedrog wat mense daagliks pleeg en meewegkom? ?? Laat jy wat geen sonde het nie asseblief die eerste klip gooi! Ek kan nie dink dat jy enigsins beter oor jouself voel om net wat sleg is van mense te se nie??
    Steve bly n fantastiese musikant en daarby kan niemand verbykom nie!

  • Lizelle

    Sjoe die anties raak nou te kwaai vir my. Dit lyk my ek sal nooit n werk as n motiveerdings spreker of skrywer kry nie ha ha. Ek het net gedink al kan ek net 1 siel bereik en my eie natuurlik het ek iets goed gedoen maar blykbaar nie. Sarie jou lesers is my ver vooruit hulle oordeel niemand nie net vir my maar dis ok. Steve ek het vir jou gebid met goeie intensies want ek weet jy is baie lief vir jou seuns. En ek wens jou regtig die beste toe al dink die anties nie so nie. Lekker dag almal

  • Annelie

    Ek is en sal altyd n Steve-Fan bly. Daai man het DIE mooiste oe, DIE mooiste stem en weet hoe om sy gehoor aan sy lippe te laat hang (by elke show). Ek is 35 en ek is al van laerskool af mal oor sy musiek en hom natuurlik, een van my grootste begeertes in die wereld is om n dag saam met Steve te spandeer ek dink dit sal absoluut fenominaal wees.

  • Hyla

    Vir Steve voel ek gladnie jammer nie – hy moet sy gulp toe hou, dis wat!! Hy wou trou – en hy het! met n pragtige vrou – die man is erger as n konyn… Vir wie ek jammer kry is sy kinders – hulle verdien dit nie…. vandag se koerant basuin uit dat sy seun (oudste) vir verkragting aangekeer was (seker maar oor Steve se eskapades) – ek kry die kind jammer – ek glo hy is onskuldig maar omdat sy pa so reputasie het, word die kind nou alreeds onder dieselfde kam geskeer. Die man moet sy lewe verander en nie n voorbeeld vir ons kinders wees nie (spaar my dit!)maar n voorbeeld vir sy kinders.

  • Wilma.

    Interesant wie Steve bewonder….al die sokkie,bokkie,ek mis jou,kom le by my ens.,ens. musiek aanhangers. Verbeeldinglose onsin-vertel alles van die aanhangers – lee woorde.
    Maar kom ons kom by die topic – Stevie. n Narcissus wat my met groot vraag laat !! Behalwe die 2 mannetjies van twyfelagtige geslag en die dame van Huisgenoot , met wie ( lees mans ) was hy al in n fisiese argument betrokke – ek dink almal ken die antwoord ( ook die sokkie,bokkie clan)
    Nou ja,ek het my se gese – gaan regtig nie wakker le en wonder watter common antwoorde ek by sekere dames gaan ontlok of watter sinnelose retoriek hy homself sal in begewe indien hy op my vraag sou reageer nie.

  • Michelle

    Wragtig daar gaan spring Sarie ook so waar op die bandwagon waarmee huisgenoot verkoop. A nee a!
    Ek koop elke maand die Sarie, Rooi Rose en Finesse en geniet dit terdee juis oor die feit dat dit opbouend, interesant en opvoedkundig is.
    Is julle besig om uit goeie gesonde artikels te hardloop en toe moes jul in die argiewe gaan rond krap om te sien watse stories die meeste aandag al geniet het en dit weer sirkuleer die keer net op ‘n ander manier? En buitendien hoekom presies sou ek nou weer omgee wat die fans wat vir en teen hom is te se het ??
    Ek is regtig diep teleurgesteld, ek sal in die toekoms die Rooi Rose en Finesse nog met trots koop maar in plaas van Sarie sal ek my "scrapbooking" aanvul!
    Dankie vir al die jare, maar soos die gesegde lui te veel van ‘n goeie ding is ook nie meer goed nie.
    Nou mors jul kosbare bladsye in ‘n eens goeie tydskrif wat jul kon gebruik het vir opvoedkundige artikels of self ‘n onderhoud met ‘n interesante persoon.
    Ongeag wat Steve doen of wat nie, wie is ons om te oordeel en presies hoe het sy gedrag en voorkere ‘n invloed op jou lewe ??? tensy jy natuurlik nie jou eie mens is nie…
    Ek geniet sy musiek en dink hy doen baie vir Afrikaans maar wat hy doen met sy privaat lewe het geen invloed op sy passie vir Afrikaans en sy musiek nie hoekom sou dit op my lewe ‘n invloed wees?

  • Liana

    Ai, Ai Steve – ek kry jou bitter jammer! Dat die hele wêreld nou jou lewe vir jou wil lewe en nie ‘n slag hulle eie vuil wasgoed wil was nie. Dis gewoonlik dié wat elke Sondag in die voorste gestoeltes sit, wat die meeste klippe gooi en uit die Bybel preek.
    Ek is en bly mal oor Steve en sal nog elke CD van hom koop. Ek dink hy het ‘n fatasiese persoonlikheid, is uiters intelligent en het ‘n stem wat dit net eenvoudig vir my doen!
    Wat Steve in sy persoonlike lewe doen, bly sy saak. wat sy huwelik met Natasha betref, ‘n wors het altyd twee ente. As albei persone in ‘n huwelik gelukkig is, sal hulle nie rond kyk nie. Moet ook nie al die gewillige Evas uitsluit nie, ‘n man bly ‘n jagter en ek glo dat dit soms bitter moeilik moet wees as almal hulle openlik aanbied.
    Wat die affairs aanbetref, hulle het presies geweet waarvoor hulle hulle inlaat en moenie nou geld probeer maak uit goedkoop sensasie nie. Behou ten minste jul dignity!
    Ek admireer Steve bo die feit dat hy hoeveel buite egtelike kinders het. Hy was jonk (en dom – kondome was daardie tyd nie vrylik uitgedeel nie), maar ten minste sorg hy vir elkeen en is hulle deel van sy lewe, meer as wat van Naas en sy seun gesê kan word. maar … dis nou weer ‘n ander bespreking.
    In elk geval ou Stevie, ek is en bly mal oor jou en sal jou bly ondersteun al het my eks-man ook ‘n aand kwaad gaan slaap oor jy my op my mond gesoen het toe jy ‘n cd onderteken het op my verjaardag!
    moet asb nie dat die skinderbekke jou OOIT sover kry om jou gees of jou musiek te demp of jou te laat voel dat jy nie meer wil aangaan nie!

  • Susan

    Steve se kop raas!!

  • KwqNaU mtydalgzozjt, [url=http://ugxpqrujewqi.com/]ugxpqrujewqi[/url], [link=http://mtjqefsldkes.com/]mtjqefsldkes[/link], http://fixsfxgshphj.com/