Het jy gehoor?

‘Steve, ek wíl so graag weer van jou hou’

SARIE het ‘n paar om ‘n tafel bymekaargebring – hulle wóú hart oopmaak.

“Ek wens só dinge kon anders wees, want ek wíl weer van Steve hou.” – Anlerie (49), vergoedingsbestuurder

“Hy het ons gedrop as vroue en aanhangers.” – Dale (39), bemarkingsbeampte

“Steve staan net op vir sy regte.” – Lizl (29), akte-tikster

“Sy bad boy-beeld is deel van sy X-faktor.” – Elizma (29), litigasie-tikster

“Ek sal Steve nog ‘n kans gee.” – Henna (70-plus), oud-onderwyseres

“Sy probleme het by Eva in die paradys begin.” – Hannes (36), stelselspesialis

Lees die volle artikel in die Oktober-uitgawe van SARIE, vanaf 14 September te kry.

Wat sê jy?

Skryf in die kommentaar-blokkie hieronder

 

  • Zap

    Die oordeel kom ons nie toe nie. Maar ons weet volgens die riglyne van die Bybel dat dit wat Steve gedoen het verkeerd is. Een sonde is nie groter as die ander nie. As hy sy sondes bely en berou het sal die Here hom vergewe. Kom ons wees lief vir ons naaste. Kom ons sien eers die balk in ons eie oë!

  • Marietjie van de Wall

    Steve het te jonk, te veel dinge beleef, hetsy in sy kinderjare of sy roem op ‘n jong ouderdom. Sy kinderlewe was nie maanskyn en rose nie. Sy roem op ‘n jong ouderdom, was vir hom ook te veel om te hanteer.
    Ek kry hom jammer en glo dat hy werklik lief is vir Natasha, sy eks-vrou.
    Ek glo dat as sy hom sou terugneem, hy op die regte pad sal bly.
    Ons moet ook onthou dat niemand perfek is nie.
    Steve het ‘n goeie musiek-talent.

  • Alta

    Ag man, Steve het baie aangejaag. Maar ek is nog steeds mal oor hom en sy musiek. Hy is ook net mens, en as alaml kon keis en keur watter man of vrouens hy/sy wil hê, sou ons in presies dieselfde bootjie gewees het. Dis menslik.

    Ja, dis lelik wat hy aan sy vrou en kinders gedoen het, maar dit gebeur oral om ons, myself ook, ook in die dominee se huis, so hy is nie ‘n monster nie, het nie een geword nie, hy kan net nie ophou swig nie. Sou ek met hom ‘n affiar wou hê, nooit nie, ek sal ek elke vrou wat net vir hom loer vermoor.

    Steve, maak jou dinge reg met ons Skepper, solank Hy jou vergewe het jy nie die suurdruiwe in Suid Afrika se vergifnis nodig nie.

    Steve bly my ster!!

  • MABEL TYNE

    Steve is inherent ‘n goeie mens, hy het net geswig voor al die versoekinge. Dit is werklik jammer dat sy vrou en kinders in die proses so vreeslik seer moes kry. Maar glo my as hy sy lewe oor kon he, sou hy sekerlik dinge miskien anders hanteer het. Die lewe is so kort, wie is ons om te oordeel. Hy bly en is ‘n baie begaafde akteur, sanger, skrywer. Leef en laat leef. Sterkte Steve, hoop dat deur al die seer en hartseer daar iets goeds sal kom.