Het jy gehoor?

Steve en Janine is verloof!

Steve en sy Janine is verloof!

Amanda Singleton, ’n goeie vriendin van Steve, het die nuus bevestig. “In die omslag van sy nuutste CD, HALODA, het hy ‘n stukkie geskryf waarin hy vir Janine vra om asseblief dit te oorweeg om sy vrou te word.” vertel Amanda. “Hy het haar gevra om sy CD-omslag gou te proeflees voor dit drukkers toe gaan.”

Toe Janine die trou-aanbod lees, het Steve reg gestaan met die verloofring. Die twee is tans op ‘n romantiese wegbreek in die Drakensberge.

Janine het op Facebook geskryf sy kan nie ophou glimlag nie. “Eks verloof! En toe vra die prins sy prinses vanuit hul kasteel om sy vroutjie te word! Ek wil heeltyd op en af spring soos ‘n klein dogtertjie.”

Steve het op sy beurt getwiet: “Dankie almal. Ek vertel wat ek gedoen het op Facebook vanoggend. Dit was nogal ‘n ding”

Baie geluk Steve en Janine!

[box:full:grey:both]

Die nuwe CD, HALODA, is binnekort op die rakke. Die trou-aanbod is in al die CD-omslae gedruk.

Steve het oor HALODA die volgende getwiet: “Môre almal. Ek finaliseer HALODA, my 2011 CD. Ek’s amper tevrede mat alles (ek & foto’s is nie maats nie). Maar die songs is heerlik.”

[/box]

Volg Steve en SARIE ook op Twitter. Hy gaan binnekort ‘n foto van die trouring op Twitter wys.

  • jaydey

    Ek kan nie ophou lag nie. Waarom weet ek nie. Hoop hulle is gelukkig.

  • melanie botha

    wonder net hoekom en wat dit hierdie keer anders gaan maak?

  • Elize

    Hoe lank die keer Steve??

  • Anel

    Hoeveel vroue gaan nog in sy wip gevang word? Ai…

  • Elzabe Meintjes

    Baie bly vir hom as dit hom gelukkig maak, maar is die egskeiding dan al gefinaliseer?

  • marietjie cilliers ouvrou bellville

    Baie geluk geniet mekaar wees lief vermekaar. ons sien uit om meer van julle te hoor

  • Mel

    Arme Janine! Sterkte, jy gaan dit nodig he! ‘n Ander vrou se ou speelgoed is nooit die beste speelgoed nie.

  • Andy

    Ai Janine – wat jy saai, sal jy maai. Vra maar vir Amor Vittone..
    Aan Natasha wil ek net se: Mans verneuk gewoonlik hul vrouens met iemand swakker/"cheap” om hulself beter te laat voel.

  • Erika

    Geluk Steve. Alles wat julle deur is, na dagvaarding vanaf Janine se kant ook nog, wys dit net julle was altyd vir mekaar bedoel

  • Rene Roorda

    rene

    Die tipe mans is nou eenvoudig nooit tevrede met een vrou nie. Die opwinding vervaag baie gou en dan is hy weer op soek na iets beters as jy . Ek voel nie jammer vir die vroue wat ander vroue en kinders se huise opbreek nie. Sy sal haar dag kry wanneer sy dit die minste verwag. Glo my onse Here slaap nie.

  • J V

    Shame.

  • Jana

    Sarie se lojaliteit laat my wonder – is julle nie veronderstel om ‘n vriendin te wees nie? Eers vertel julle alles van Steve en Natasha se lewe en nou is julle net so opgewonde om te vertel van sy verlowing met die einste vrou waarmee hy sy vrou vir 10 jaar gekul het… Iets van julle opgewondenheid werk nie vir my nie – wie se vriendin is julle nou eintlik? Julle sal julle seker nou beroep op jul reg/verantwoordelikheid om vir ons die "belangrike" nuus te bring. Maar as vriendin dink ek julle misluk.

  • Elaine Springs

    Ek weet nie hoe lank dit gaan hou nie maar wie is ek om oor hom te oordeel en dit terwyl hy nog met Natasha
    getroud was het hy al ‘n affair met haar gehad.

  • DOENETTE

    Aan almal wat so gal braak! sies man! Wat maak dit aan jou saak of hy gelukkig is of nie. Dis net omdat Steve in die "limelight" is dat julle so negatief is, As hy ‘n gewone ou was sou geen haan daarna gekraai het nie. Steve! geluk aan jou en die pragtige meisie!! en so what as hy nog nie geskei is nie. Dis net formaliteit!! whe, whe, whe whe whe!! STEVE FOR PRESIDENT!!

  • Chanine

    (boondskap bietjie laat ne) Jaloerse mense maak seer en boonop nog bitter ook. Sies julle. Almal verdien ‘n 2de kans vir liede.
    Steve en Jannie gaan groot.

  • RONEL

    JANINE EK IS MAL OOR STEVE, MAAR AS EK JY WAS SOU EK ALTYD WONDER OF HY MET MY TROU OMDAT HY LIEF IS VIR MY EN OF HY BAIE GELD SAL SPAAR NA DIE STORIES OOR DAT JY HOM HOF TOE WOU SLEEP, WONDER MAAR NET…..,

  • Myra Nel

    Ag tog te lekker om af te kraak.. en almal het hulle geraamtes!!!! Get na life.

    STEVE VIR PRESIDENT!!!!!!!! HAPPINESS IS WAT INS JOU TOEWENS!!

    Myra Nel