sr0910stevesefans8rz
Het jy gehoor?

Steve Hofmeyr sien ‘n gewapende rooftog – hy praat met sarie.com

“Sopas in die Kyalami Kentucky DriveThru gesien hoe hulle almal binne aanhou met AK’s. Die seuns en Suné was saam in die kar. Vaal geskrik.”

sarie.com het vanoggend met hom gepraat:

Hoe voel jy vanoggend oor die insident gisteraand?

Ek voel nogal omgekrap, want ons is grotendeels nog nie so erg geraak deur misdaad hier in die Kyalami-omgewing waar ons woon nie. Ek het my kinders na die Kyalami Kentucky geneem vir wegneem kos en ons was in die deurritlaan. Net na ek by die venstertjie betaal het, het ek gesien hoe vyf ouens met AK’s die winkel ingestorm het en almal beveel het om op die grond te lê en hulle beroof. Ek het onmiddellik effe vorentoe getrek en die kinders gesê om plat te lê. Ek het vir die mense agter my beduie om bietjie agtertoe te trek. Maar in daardie kort rukkie wat die rooftog gebeur het was dit doodstil, nie ‘n geluid het jy gehoor nie, geen skote is gevuur nie. Die arme werkers is natuurlik die grootste slagoffers. Ek het na die insident my selfoon deur die venstertjie gegee dat hulle darem iemand kon laat weet wat gebeur het.

Is jou kinders geraak deur die insident?

Ek hoop nie so nie, ek dink nie hulle het iets gesien nie, want ek het hulle onmiddellik laat platlê. Maar hulle het nie goed geslaap gisteraand nie, veral die jongste enetjie.” Mens is vol planne om die rowers iets aan te doen, maar as jy jou kinders by jou het, is mens effe minder braaf. Suné het my ook die heeltyd gemaan om te onthou van die kinders, want ek het so entjie agter die rowers aangery in die hoop dat ons by polisie sou verbyry. Helaas. Ons het ook die polisie gebel, maar ook geen antwoord daar gekry nie.

Hoe voel jy oor misdaad in die land?

Wat gebeur het, versterk my planne om meer te doen om misdaad te bekamp. Ek dink die Shout-idee waarvan ek deel is, is ‘n baie goeie ding teen geweld. Dis tyd dat ons almal die regering vasvat oor geweld. My planne word net al hoe sterker.

* Volg Steve op Twitter by http://twitter.com/steve_hofmeyr of besoek Steve se webtuiste.

  • http://www.facebook.com Petro Wolmarans

    dis verskiklik wat gaan van ons land word en nie eers te praat van ons kinders nie. geen wonder hulle wil land uit. ek en twee van my skoonfamilie is ook onlangs getref deur die goed. my kar was gesteel maar hulle het nie geweet van my netstar ek het hom 2 uur daarna terug gekry maar is nou bang om in en uit die erf te ry want my id boekkie met my adres was in die kar. My skoonsus het saam haar kinders by die oudste seun se huis gekuier toe hulle oorrompel was en niemand kon niks doen want die vuurwapens was op die vrouens en kinders gerug. hulle is van als wat waardevol was beroef en die kinders kry nog beradding. Laasnag in die vaaldriehoek is nog `n familieleed en sy gesin aangehou en van die meeste van hulle huisgoed is op sy bakkie en nog n bakkie gelaai. daar was ook 2 kinders betrokke wat nou ook vir beradding moet gaan.
    ek wil lewer niks se wat gaan gebeur as die sokker begin ek dink suid afrika het n fout gemaak om dit hier te laat hou. dis net meer roef en geweld en sekerlik die dood ook. Ek het n bang mens geword en ek moet my entlik strek hou vir my kinders en kleinkinders. My man pas ons nou meer as ooit op en kort kort bel hy om hoor of alls oky is. hoe moet hy werk as hy bekommerd is oor sy gesin die helle tyd.

  • http://gmail.com Sanet Steyn

    ek weet hoe j voel… Petro. En jou storie is net nog een van die baie stories. Glo my, hier in die U.A.E hoor j elke S.A.ner se storie, sommige skrikwekkend. Ons was gelukkig om hier oor te kon begin. My man wil so graag teruggaan…. maar ek is nog nie gereed nie. Dink aan jou! Sterkte..

  • Charlotte Steenekamp

    Ja my seun is so jaar terug by n robot in Wynberg (GP)ook gekaap, hy was die tweede motor van voor, hulle het aan beide kant van sy voertuig met wapens nader gekom, toe my seun Dirk die wapens sien het hy onmiddelik sy hand in die lug gehou sodat hulle kon sien hy het nie n wapen in sy hand nie, hy sê hy het net n ongelooflike kalmte oor hom voel kom, (GOD is Groot) en hulle het hom uit die motor gepluk sy kar en selfoon geval, en omtrent so R25,000.00 skoonheids produkte wat in die motor was ook gevat. Hy het eers na dat hulle weg is met die kar regtig besef wat gebeur het.

  • Hyla

    Dis jammer dat ons in Sa so geteister word deur die misdaad, moor en roof…. 2 van my kinders in die buiteland en ek sal verkies as die 3e een ook gaan…. onsself het in die buiteland gewoon en is sowat 4 maande terug – hoe spyt is ek nie!!! Vriende wou die sokker kom kyk vanaf Europa maar na hulle gesien/gehoor het hoe dit hier gaan, het hulle besluit om tuis te bly… ek het ook gese dis n goeie idee… sal niemand aanbeveel om SA toe te kom nie want jy weet nie of jy more nog gaan lewe in hierdie land nie…

  • ANTOINETTE

    Ai Steve, dankie dat jy koelkop gebly het in so ‘n vreesaanjaende gebeurtenis, veral met jou geliefdes by jou in die voertuig. Ons sal moet bid dat die Here moet ingryp en elkeen van ons sal ons kant moet gee vir die teen misdaad veldtog!! Ek gaan nou dadelik "Shout" download en ek dink almal wat moontlik dit kan doen moet dit ook download. Ons moet ons Polisiemanne beskerm. Net jammer oor die telefone wat nie beantwoord was nie…miskien ‘n probleem met die regte hoeveelheid mannekrag / gesindheid. Ek is seker daar is baie van hulle wat in die Polisiemag is vir die regte rede maar raak ook maar moedeloos as hulle ‘hande afgekap is’.

  • Nataly du Plessis-Nel

    Ek is al lankal so die bliksem in vir die geweld in die land en weet rerig nie wat te doen om misdaad te bekamp nie…..Wat kan of moet ek doen….Ek sal defnitief graag terug wil skop,skiet en donner as om elke dag te hoor en te sien wat in die land aangaan…..As jy ‘n vuurwapen het dan mag jy nie sommer skiet nie so wat de donner moet ek doen….My een suster het in Rundu gebly en sy het gese dat dit so veilig daar is ,niks moord en verkragtings nie…Hulle sal net van jou steel…en haar beursie is uit haar hangsak gesteel terwyl sy in die Spar in die ry gestaan het net voor sy haar kruideniersware wou betaal…toe trek hulle Swaziland toe a.g.v haar man se werk en daar het iemand ook so ‘n maand gelede by hulle huis ingebreek terwyl sy alleen was en geslaap het….Hy omtrent al haar klere en skoene gesteel en geld uit haar handsak maar nie die laptop nie ook nie R9 000 wat in die huis was nie…..Sy het van niks geweet nie ,eers toe sy die oggend wakker word toe sien sy haar kas se deure is ook en omtrent al haar klerasie is weg…..Shit,ek was so woedend toe ek dit hoor…..Ons is maar net nerens veilig nie….Ek was al aangerand maar het terug baklei en was gelukkig om weg te kom……Nou wil ek net weet by wie moet ek gaan kla en wie gaan misdaad stop???????

  • Louw

    Ons het geen segenskap oor ons lewe nie. Ons kan nie wette maak om onself of ons kinders te beskerm nie. Hoekom nie? Omdat ons ons vryheid verloor het.

  • Rosa

    Steve,
    Ek is soos altyd baie trots op jou en baie dankbaar dat julle veilig is en dat jy nog tyd gehad het om aan die personeel van die eetplek ook te dink.
    Jy is en bly n ster

  • Erica

    .. en tog kom die mééste mense nog ooit, daagliks tot bekering .. ons beleef ‘n herlewing soos nog nooit tevore nie .. Die regering gaan en kan God nie onttroon nie, hulle is sélf sterflike mense waarvan (van hierdie leiers), ook tans ongehoorsaam is aan God se opdragte as regering van Suid-Afrika teenoor die land se mense. Die Here sien die onregverdigheid en haat raak. Die Here is ‘n regverdige God en Hy gaan rekenskap vereis. Hy haat geweld/misdaad/materiallisme en sulke keuses van mense sal verhinder dat seën hulle nie toekom nie. Kom ons bly op ons knieë en fokus op die Here, want mense gaan nié hierdie ‘gemors’ kan regmaak nie ("there never was a good war or bad peace") – daar’s té veel haat en té min Jesus-Liefde en dalk is dit waar die probleem lê! Die vyand (Satan), loop en verslind en steel en plunder van Koningskinders omdat ons nie in ons outoriteit as Koningskinders glo nie (dalk nie weet nie), dit nie toepas nie en God nie genoeg vertrou nie. Dink ons régtig die Here is nie in beheer nie? "One of the greatest diseases is to be nobody to anybody’ – Mother Theresa – Ons fokus op die vrees ipv om die vrees-gees teen te staan deur Goddelike liefde wat in ons harte moet woon! Ons het seggenskap in ons lewe, maar die geveg is rééds ‘n Geestesoorlog – en ons mis dit! ps: Dankie vir manne en vroue met ‘status’, (soos ons sangers), wie harder pogings aanwend om ons stemme te laat hoor! Dit maak ‘n impak, dit gaan verandering teweeg bring en die Here gaan ons land seën .. as ons Hom gaan begin gehoorsaam! Spreek ons dood – of spreek ons lewe op Suid-Afrika? ‘When it’s impossible for man, it is possible for God.’ Ek wil net vir julle sê om aan te hou goeie moed hou al lewe ons in baie harde tye – die Woord lig ons so duidelik daaromtrent in!

  • Caroline Viviers

    God is groter as die misdaad…rekenskap sal seëvier…en Sy genade is vir ons genoeg,bly op jul knieë SA – ons bid vir julle uit Namibië

  • Angelique

    Ek hoop regtig dat misdaad tot ‘n einde sal kom. maar voor God nie ingryp nie sal dit nie gebeur nie, en voor die volk nie na God terug draai nie, sal niks gebeur nie. Volk, gaan op julle knieë – ons aanbid ‘n groot Volk, Hy kon die slag van bloedrivier red, Hy het die mense met die groot trek gehelp – hy kan dit weer doen – mits ons op ons knieë gaan en God toelaat om sy werk te doen

  • AJay

    Haai Steve, ek is ‘n laatslaper het nou eers die berig gesien… maar ek kan jou nou darem vra wat dink jy van die wrede sinnelose moord op ET?? Moord op ‘WIE OOKAL’ is sinneloos..punt. Nou moet die belasting betalers weer vir die 2 moordenaars se hofsaak asook losies betaal…ghmpf! Dink jy nie ook soos ons dat die 2milj op Selema se kop, kom uit die ANC …of is dit nou die CNA se geledere nie, dit ruik na ‘lifebouy’.

  • Louise van Wyk

    In Suid Afrika word te veel gepraat en te min gedoen. My seun was al deur drie gewapende rowe en elke keer ongedeerd daarvan afgekom, maar daar bly sielkundige letsels wat nie verdwyn nie.

  • http://zyzutumztbsk.com/ eumwlte

    xnF1ej gqqmofostmml, [url=http://ibexxesidxvg.com/]ibexxesidxvg[/url], [link=http://xknjcnlocjls.com/]xknjcnlocjls[/link], http://txwjkjttnxnt.com/

  • Antoinette

    Tops!!! Hoekom plaas julle nie die liedjie op TV as deel van die advertensies nie, dan kan die hele Suid-Afrika dit mos sien en kan dit ‘n groter impak he. Dankie vir dit wat julle bereid was om te doen, ons staan agter julle!