treurgrond-poster
Het jy gehoor?

Steve Hofmeyr se ‘Treurgrond’ vaar goed by die loket

Die plaaslike fliek Treurgrond het in sy openingsnaweek R749  286 by die loket verdien. 

Netwerk24 berig egter dat Ballade vir ’n enkeling en Pad na jou hart onderskeidelik ongeveer R1,3 miljoen en R3,1 miljoen oor hul eerste naweke verdien het.

Treurgrond vertel die storie van Lukas van Staden, gespeel deur Steve Hofmeyr, wat sy familie, vriende en plaas te midde van plaasaanvalle probeer beskerm.

Aktrises Erica Wessels, Jana Strydom en Shaleen Surtie-Richards is ook in dié rolprent te sien.

Die vervaardigerSamuel Frauenstein, verduidelik waarom sulke omstrede stories vertel moet word: “Suid-Afrikaners moet aan sulke pynlike en moeilike kykstof blootgestel word om debat aan te hits.”

Die rolprent het Vrydag 29 Mei landwyd begin draai.

Kyk hier na ‘Treurgrond’ se lokprent:

Bron: Netwerk24

Lees ook