FOTO: Instagram @bindisueirwin

FOTO: Instagram @bindisueirwin

Het jy gehoor?

Só lyk Steve Irwin se kinders nou

Kyk net hoe mooi groot het Steve Irwin “The Crocodile Hunter” se kinders geword!

Steve se dood in 2006 het die wêreld geskok, maar kort ná haar pa se dood het sy enigste dogter, Bindi, in sy voetspore gevolg met haar eie natuurprogram, Bindi the Jungle Girl.

Deesdae is die 16-jarige Bindi, haar jonger broer, Bob, en hul ma, Terri, steeds besig om mense oor diere op te voed.

Bindi het dié kosbare foto van haar en die 11-jarige Bob op haar Instagram-blad gedeel.

This boy is my world ❤️

A photo posted by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on

Ons is seker pa Steve sal trots wees op hoe mooi sy kinders uitgedraai het. Kyk net hoe baie lyk klein Bob soos sy pa! Bindi het by ’n vorige Instagram-foto geskryf dat haar broer al hoe meer soos haar pa raak.

Bindi, Terri en Bob

Unconditional.

A photo posted by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on

Addisionele bron: The Huffington Post

Lees ook