FOTO Instagram bindisueirwin

FOTO Instagram bindisueirwin

Het jy gehoor?

Steve Irwin se dogter wen Dancing With the Stars

Steve Irwin se dogter, Bindi, en haar professionele dansmaat, Derek Hough, het 12 ander paartjies uitgestof om die 21ste seisoen van Dancing with the Stars te wen, berig Entertainment Tonight

Bindi en Derek het een van hul danse aan haar pa, Steve “The Crocodile Hunter” Irwin, die wyle natuurbewaarder, opgedra. Dit het die gehoor tot trane gedryf.

Hulle het ook volpunte vir hul laaste dans gekry. Die paartjie se goeie punte, plus die kykers se stemme, het vir hulle die gesogte titel besorg.

Die 17-jarige het op Instagram geskryf die kompetisie het haar lewe verander en aanhangers vir hul ondersteuning bedank.

Volgens People het Bindi dié werklikheidsprogram gebruik om vrede te maak met haar pa se dood in 2006 toe ’n pylstertvis hom gesteek het.

Bruce Willis en Demi Moore se dogter Rumer het die vorige reeks van dié program gewen.

Bronne: People en Entertainment Tonight 

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!