Het jy gehoor?

Steve is terug in die Laan

Steve se karakter, Brandt van den Bergh, het in 2007 sy verskyning gemaak as die Hillside Times se waarnemende redakteur. En nes die vorige keer speel hy weer met Paula (Diaan Lawrenson) se emosies. “Brandt bevind hom in ’n gevaarlike situasie en kom soek hulp by Paula,” vertel Liby. “Paula voel verplig om hom te help en al die ou gevoelens tussen hulle vlam weer op.”

Kykers gaan egter tot Augustus moet wag om te sien watter invloed dit op haar gevoelens vir Altus gaan hê, want Steve se storielyn word eers van 18 – 28 Augustus uitgesaai.

Steve het gister op sy Facebook-blad geskryf: “Ek is terug by 7de Laan! Voel soos ’n reünie van ou kollegas en pelle … Ek speel weereens nié die Rooms-Katolieke priester nie, liewer die Foxterier-biltong in die Strawberry Milkshake. My tonele sal Augustus begin draai! Heerlik om soveel ou vrinne weer te sien.”
 
 
 
 
 
 

  • Riks

    kan nie wag nie ! lief vir jou Steve!!!!

  • Roelf

    As die laan skrywers met n teme begin kry hulle ook nooit klaar daarmee nie, kan hulle nie maar iets oorspronklik uitdink nie. Gaan ons nou van een wegsteek oud liefde na die ander vorder? Sekerlik kon Steve terug kom in n meer waardevolle rol? Dalk kon hy die walglike Gita wat so onrealisties een besigheid na die ander aan die kaak stel. Of glo die skrywers regtiig dat kykers diegemors geniet?

  • Carin

    Ek wonder of die 7de Laan skrywers besef hoeveel mense glad nie meer na die program kyk nie. Dit het net té vervelig, voorspelbaar en ‘n belediging vir iemand met intelligensie en integriteit geword.

  • Bella

    Die storielyn van die koeëlverwydering het my finaal genees. sowat van ‘far-fetched’ (met Gita se streke wat kort-kort gedreig het om my te laat onttrek) het ek wragtig lanklaas in my lewe beleef. Ten minste was die stories oor die algemeen altyd geloofbaar – maar wragtig??? Paula met ‘n tweezer in die hand – die girl wat nie haar eie wenkbroue kan shape nie en Laura Lee moet gaan sien daarvoor?? Nee wat 7de Laan. I’ve had it. En ek vrek oor Paula, maar dié Brand storie (en episode) was sotlik verby! Toedels!(Ek gaan eerder van nou af in die gim sweet en golf kyk vanaf 18:30…)