stevejobs_310w
Het jy gehoor?

Steve Jobs-fliek moontlik binnekort hier

Sony Pictures het vinnig gespring en die fliek-regte op dié boek gekry.

Skaars is die regte toegestaan of spekulasie oor wie die fliek gaan maak, begin. Die naam wat veral gekoppel word aan die projek is Aaron Sorkin wat The Sosial Network en Moneyball geskryf het.

Sekere publikasies soos The Huffington Post noem Sorkin die ‘logiese keuse’. Hy het Steve Jobs persoonlik geken, en het hom gerespekteer. Maar kritici wonder reeds of Sorkin vir Jobs realisties sal kan uitbeeld.

Latimes.com berig dat Sorkin ‘n briljante aanvoeling het om mense op die silwerdoek te skets, en moeilike karakters uit te beeld. Soos wat hy baie suksesvol reggekry het in The Social Media met die Facebook-stigter, Marc Zuckerberg.

Dit is ongewoon om so vinning ná iemand se dood ’n film te maak, maar duidelik is die publiek uitgehonger om meer oor Jobs te hoor. The Life of Steve Jobs is tot dusver Amazon.com se topverkoper van die jaar!

Die vervaardiger van Saving Private Ryan, Mark Gordan, het reeds ingestem om dié een te vervaardig.

  • Michele

    Een man gaan dood en een miljoen mense huil….een miljoen mense gaan dood (in Afrika) en niemand huil nie!!