485733_10151212160739559_88278695_n
Het jy gehoor?

Steve oor Afrikaans is Groot agter die skerms

“Ons het enkele kere bymekaargekom, ou kollegas, vinnig ingeval met mekaar se liedjies en teen Donderdag was ons reg. Daar was die lekkerste backstage wat ek nog ooit gesien het. Kunstenaars kon tafeltennis, veerpyltjies en minigolf speel, kinders het hulle eie TV en tafels gehad, daar was meer as genoeg bankstelle om op uit te strek en Pick n Pay het ons toegegooi onder die heerlikste, gesonde kosse. (Op die foto sien jy Bobby en Bok, veerpyltjiekonings.)

“Die gemak wat agter geskep is was duidelik op die verhoog ook. Ons het mekaar geniet, dopgehou en lekker gelag as dinge skeefloop. Veral die eerste aand. Voor kon konsertgangers sien dat, eerder as groot stelle, Coleske besluit het om elektronies te gaan. Enorme skerms oral, ernstige eye candy en die voorreg vir Afrikaanses wêreldwyd om die hele affêre te stream (op hul internet te volg).

“Afrikaans Is Groot het goeie momente opgelewer. Bobby se oop gulp, onder andere. En sy laaitie Sion wat, toe hy my sien, dadelik sê ”dada”. Didi, ons musiekregisseur het Saterdag ’n babatjie gekry en moes die twee laaste konserte ’n mis gee. Geluk! Pick n Pay se Tjoklitbrownies en ek en Juanita kon ‘Tussen Woorde’ en ‘Agter Elke Man’  saam sing. Ek en Theuns, Bobby en Jannie kon ‘Liefling’ saamdoen. Wat ’n voorreg. Jong, kry die DVD en jy sal sien waaroor die bohaai gaan!”

Lees Steve se inskrywing op Facebook

  • Elma

    Dit was my eerste keer vir so n konsert, en ek kan nie wag vir die volgende een nie. Ek het dit so geniet
    Baie dankie vir al die kunstenaars en die organiseerders wat vir ons moontlik gemaak het. Dit was absoluut puik.Sien julle volgende jaar weer

  • Linda

    Kan nie weag nie en vir een keer was ek spyt ek bly in die Kaap. Maar ek het gehoor volgende jaar doen hulle dit landwyd? Ek sal intussen met die DVD tevrede wees, dankie. Geluk aan die Coleske’s, julle het dit reggekry.

  • Amelia

    Dit was uitstekend, kannie wag om te hoor in watter provinsies dit volgende jaar gaan wees nie, hoop Durban en Kaapstad, wat ‘n vertoning. Baie dankie dit was fantasties, die kunstenaars was "warm en opreg" en die liedjie keuse was goed gekies, meestal gunstelinge.! Dankie vir veilige parkering

  • Hyla

    Het ni konsert bygewoon nie maar lekker gelag vir Bobby se oop gulpstorie en veral die kleine Sion wat dada se vir Steve…. lief julle almal… hoop om ook n konsert te kan bywoon, eeeendag!