Steve en Janine by die As jy sing-première FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Steve praat oor sy troureëlings

Sanger Steve Hofmeyr het vanoggend op sy Facebookblad oor die reëlings vir sy troue gepraat.

“Ek en Janine se reël is dat as ons nie beide iemand goed ken, of ten minste huisvriende is nie, vra ons hulle nie na die troue nie,” het Steve geskryf.

“Om die hele land en elke bedryf so persoonlik te ken, musikante, sangers, filmakteurs, skrywers, digters, TV akteurs, toneelspelers, ingenieurs, media en politici – is dit my moeilikste besluit om ‘n klein troue te hou waar daar bykans geen bekendes is nie,” het Steve gesê.

“Alhoewel meeste van my kollegas dit verstaan, maak dit maak dinge steeds bietjie moeiliker vir my. Ek ken almal en was by meeste se troues! Maar so hou ons die troue klein tussen slegs familielede en weg van ‘n paparazzi-geleentheid. Daar sal geen pers, kameras en media wees nie. Ek hoop maar my kollegas en die publiek verstaan wat ek en Janine probeer doen. Dankie.”

KYK HIER na ‘n video-onderhoud met Steve Hofmeyr by die onlangse As jy sing-première.