FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Steve Hofmeyr se foto-album op sy 50ste verjaarsdag

Steve vier vandag sy 50ste verjaarsdag en ons vier al die heel week saam met hom.

Universal Music het vandag ook as ’n verrassing vir Steve ’n nuwe YouTube-kanaal geskep wat sy hele musiekloopbaan volg. Kyk daarna HIER. 

Steve het ook dié boodskap met sy aanhangers op Facebook gedeel:

“Op 30 voel ek goed
Word ek bygestaan
deur my verlede
eerder as vervolg…” (uit Valkuns)

Dêmnation. Kan dit 20 jaar later wees? Op 30 het ek natuurlik vele planne gehad wat ek vanoggend, op my 50ste, van afskeid moet neem. Soos om ‘n derde taal te leer, om ‘n bodybuilder te word, ‘n biljoenêr en ‘n wêreld-bekende atleet. Ja, ek’s bewus van wonderwerke, maar selfs hulle is in tyd vervang: met die gerusstellende wete dat ek seker vir altyd onseker sal wees oor alles behalwe my kinders en die volume liefde in my lewe. Dat die totaal van my ervaringe net myne is en dat ek die som daarvan is, die goed en minder goed. Dat ek oud genoeg mag word om soos my moeder my kinders te mag sien 50 word en my vrou mag omhels solank ek hierdie arms in die lug kan hou.
Eintlik is ek ‘n biljoenêr.
Net nie die tipe wat ek voor gehoop het op 30 nie.
*
Dankie vir letterlik duisende goeie wense van regoor die planeet. Janine bederf my half simpel. Stormagtige dag hier op Bazaruto eiland maar darem warm. Ek’s 50! Hiehaa! Rumatiek en skete! Hiehaa. Brille en pille.Hiehaa. (Hoe de hel vier mens 50?)
Ek sit in die wifi hoekie en lees die mooiste gelukwense van vrinne en vreemdelinge. Dankie my vroutjie vir die mooiste weergawe van Hêppie Birthday. Ek weet jy sing NOOIT.
Ek’s Maandag terug ini tuig.

Kliek hier as jy saam my wil onthou… www.youtube.com/SteveHofmeyrTV

Dankie vir die mooi video van gelukwense, ook onder.

Dankie duisend…
Steve”

Vandag deel ons van sy foto’s wat Steve deur die jare aan SARIE verskaf het.

Baie geluk, Steve!

My ouers, Steve en Carien, op hul troudag, saam met ouma Maddie en oumagrootjie Helen. My ma se ouers het verkies om weg te bly, omdat sy reeds swanger was met my FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

My ouers, Steve en Carien, op hul troudag, saam met ouma Maddie en oumagrootjie Helen. My ma se ouers het verkies om weg te bly, omdat sy reeds swanger was met my
FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

My eerste treetjies op Amanzimtoti se strand FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

My eerste treetjies op Amanzimtoti se strand
FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

Saam met my ouers op Durban se strand. Hier was ek 10 maande oud FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

Saam met my ouers op Durban se strand. Hier was ek 10 maande oud
FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

Ek, Ma en Goose FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

Ek, Ma en Goose
FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

Hoërskool was aan Grey-kollege in Bloemfontein FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

Hoërskool was aan Grey-kollege in Bloemfontein
FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons November 2008-uitgawe

"Steve & Natasha: Liefdesvonke om die kerstafel"

FOTO: Leana Clunies-Ross
Vir SARIE Desember 2011

In 2005 in Sun City se Superbowl, waar ek saam met Al Debbo "Sonbrilletjies" gesing het. Ek het die verhoog gedeel met mense soos Barbara Ray, Des en Dawn Lindberg en Bobby Angel.  FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons Junie 2007-uitgawe

In 2005 in Sun City se Superbowl, waar ek saam met Al Debbo “Sonbrilletjies” gesing het. Ek het die verhoog gedeel met mense soos Barbara Ray, Des en Dawn Lindberg en Bobby Angel.
FOTO: Steve verskaf dié foto aan SARIE vir ons Junie 2007-uitgawe

Protes in Pretoria. We are marching to Pretoria vir die behoud van Pretoria se naam in Mei 2005. Ek het 'n kwaai teospraak daar gemaak. FOTO: Steve verskaf dié foto vir SARIE vir ons Junie 2007-uitgawe

Protes in Pretoria. We are marching to Pretoria vir die behoud van Pretoria se naam in Mei 2005. Ek het ‘n kwaai teospraak daar gemaak.
FOTO: Steve verskaf dié foto vir SARIE vir ons Junie 2007-uitgawe

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

April 2011

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Leana Clunies-Ross

Steve en sy seuns FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: custophoto.com

Steve en Janine op hul troudag FOTO: custophoto.com

Onthou ook om in te skryf vir die wedstryd waar jy al Steve se CD’s kan wen! Klik HIER