Steve Hofmeyr
Het jy gehoor?

Steve Hofmeyr se nuwe album behaal goue status binne ’n week

Die bekende Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het op sy Facebook-blad aangekondig dat sy nuwe album, If You Could Read My Mind, wat verlede week uitgereik is, reeds goue status bereik het. 

“My country-CD is binne enkele daggies goud en daar is niemand om te bedank behalwe vir JOU nie,” het hy aan sy aanhangers geskryf.

Steve het gister gesê hy gaan vanoggend ’n opwindende aankondiging maak en honderde aanhangers het gedink hy gaan die nuus deel dat hy en sy vrou, Janine, ’n baba verwag. “Ag, as meeste maar reg was … ja, ‘n pienkvoet sou eerste prys wees. Maar die nuus is oor ‘n ganse ander nuweling,” het hy in reaksie daarop geskryf.

Baie geluk, Steve!

Lees ook