sr1306steve03x
Het jy gehoor?

Steve sien nóg kinders in sy toekoms

“Ek wil ’n pragtige krulkopdogtertjie hê en ek het uiteindelik die regte vrou gevind om dit mee te doen,” het Steve gister vir ’n stampvol saal by die KKNK gesê.

Steve het in September 2011 aan die brunette krulkop, Janine van der Vyfer verloof geraak.

Steve Hofmeyr en Janine van der Vyfer

Steve het sy planne om sy gesin uit te brei ná sy vertoning by die KKNK aan die gehoor gesê. Hy het die vloer oopgestel vir vrae en die meeste daarvan was oor sy persoonlike lewe.

Steve se vertoning, Steve Hofmeyr – 25 Jaar se Bestes, vier sy 25 jaar in die musiekbedryf. Hy het in dié tydperk reeds 25 albums en meer as 200 liedjies agter sy naam.

Hy noem homself die “dankbaarste sanger in Suid-Afrika”.

Maar na ’n kwarteeu in die kollig beteken dit nie dat Steve stil gaan sit nie, volgens hom kan “dinge van hier net lekkerder word!”

Steve het tydens die vertoning terug gekyk oor sy loopbaan: van Bruce Beyers in Agter Elke Man tot by sy hedendaagse treffers soos “Pampoen”.

Steve Hofmeyr en Janine van der Vyfer

Janine het ná die vertoning gehelp om Steve se CD’s te verkoop.

Bron: Krit

Foto’s: Janine en Steve se Twitter-blaaie