sr0910stevesefans8
Het jy gehoor?

Steve stig beurs vir behoeftige studente

Steve is onlangs vereer op Jacaranda 94.2 met ‘n inisiatief bekend as “Hofmei” (Hofmeyr in Meimaand). Tydens “Hofmei” kon Steve ʼn organisasie identifiseer wat die luisteraars kon ondersteun deur R10 per SMS te skenk. Hy het Afriforum en Helpende Hand gekies, en die inisiatief was baie suksesvol.

Steve het egter aan die einde van ‘Hofmei’ gevoel hy wil aanhou goeie werk doen. Vandaar die Steve Hofmeyr Beursfonds.

Dié beurs sal deur Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut bestuur en geadministreer word en Steve sal self kies uit kandidate wat deur die Afrikaanse Beursinstituut voorgestel word.

“Die Afrikaanse Beursinstituut is in 2003 gestig om studente finansieel te help om tersiêre opleiding te kry,” sê Dinah Theron, bestuurder van die Beursinstituut.

“Die Afrikaanse Beursinstituut bestee jaarliks miljoene rande om verdienstelike studente, wat andersins nie sou kon studeer nie, te help.”

As jy R10 tot die Steve Hofmeyr Beursfonds wil bydra, SMS die woord STEVE na 38655 en help ʼn minderbevoorregte student om te studeer.

Enige belangstellendes kan Melani Gerber by die Afrikaanse Beursinstituut by 012 644 4428 kontak.