sr1104steve_hofmeyer_other
Het jy gehoor?

Steve: ‘Totsiens, Oom Al’

Vir sarie.com

“Ek onthou hoe ek oom Al speels gekasty het oor hy nie tot my hulp gesnel het in ’n film waar Leon Schuster my reg voor hom en Sandra Prinsloo geklap het op ’n verhoog. Leon was slim. Hy het selfs my kitaar oor gebou en die begin stukkend geslaan. Hy moes weet dat dit my oor die rand sou stuur. Dit het. Maar tydens die film swaai die kamera weg na Al Debbo se reaksie terwyl ek en Leon in die plat verjaardagkoek op die verhoog spartel. En al wat oom Al kon uitkry was: “Maar wat van die kitaar?”

“Ek het Al Debbo die eerste keer gesien in Pens-en-Pootjies, maar eers dertig jaar later ontmoet met my Toeka-projek. Aand na aand het sesduisend mense opgespring as die reeds tingerige ikoon daar agter op die stretcher orent kom, sy suurstof kannetjie neersit, sy vilthoedjie opsit en uit uitstap op die groot verhoog en Hasie sing. Oom Al was skerp maar nooit grootbek nie. My hoogtepunt was hoe dankbaar so ’n legende was vir hoeveel jare hom geskenk is om ander te vermaak en laat skaterlag. Hy het elke aand kom dankie sê. En elke aand het hom gesê hy moet ophou daarmee, dis ons wat hom skuld.”

Uittreksel uit Steve blog op Jacarandafm.com:

“Sy generasie sou films gemaak het vir ‘n bier en middagete.”

“Oom Al is op 22 Junie 1924 gebore, hy was een jaar ouer as Dawie Couzyn en 20 jaar jonger as Dawid de Lange. Alec Debbo het meer as sestig jaar gelede as pieringoog grapmaker die plaaslike silwerdoek betree. Baanbrekerswerk. Sy eerste film was maar die Afrikaanse taal se vierde film. As jy Frederik Burgers as Hardy sien, was oom Al onse Laurel. Of Abbott and Costello…

“Ons smartlap volkie kan soms vreeslik wroeg, maar een man het ons kollektiewe hanglip vir dekades lank oor ons ore kom trek. ‘n Volk het ten spyt homself, geskaterlag. Oom Al Debbo self het moontlik een van sy grappies oor homself onderskat toe hy sê: “Ek is beter as ‘n dokter as ek optree.” Hy weet nie hoe nodig ons daardie terapie gehad het nie. Hy het letterlik vreugde na miljoene gebring. Soms in skerp grappies, gereeld sonder woorde, meesal net deur sy naam te noem.

“Toe ek my afspraak op 13 Julie 2011 met oom Al met een uur mis, was hy reeds een uur oorlede. Daar het ek gesien dat niks wat ons toe sou sê, onmiddellike troos sal bring vir Azar en Alec en Ansa en die res van die familie nie. Alec het my gelei na sy kamer in die Medi-kliniek. Ek het die hand waarmee ek hom altyd gesalueer het op sy koue voorkop geplaas en saggies dankie gesê namens ‘n land en sy mense wat hom nooit sal vergeet nie. 

“Eintlik was oom Al al oud en broos tydens die verfilming van Pampoen (met Miems de Bruyn) en die Toeka-toer. Elke aand het ons hom toegedraai in komberse, suurstof gegee en op ‘n bank maak lê, en elke aand as ek sing “Hasie, hoekom is jou stert so kort…” spring hy op soos Lasarus uit die dood, ruk sy tandeborsel uit, gooi sy vilt hoedjie op, kam sy ooghare terug, kom staan langs my en word Michael Jackson. Sy stamina op ‘n reeds gevorderde ouderdom, was aanskoulik. Sy passie ‘n inspirasie. Twintig minute nadat ek by die hospitaal weg is om te sing op ‘n huldekonsert vir nog ‘n afgestorwe kollega het ek en Amanda Strydom ‘n sagte woordjie in die gange van die Bloemfonteinse Sand Du Plessis gewissel. Ons was eens hieroor. Sekere kunstenaars doen. Sekere kunstenaars is. Al Debbo was laasgenoemde.”

Lees die volledige blog by Jacarandafm.com

  • Miché Saaijman

    Waar kan mens Oom Al Debbo se flieks in die hande kry?

  • Hardus

    Oom Steve bitter min mense kan n huldeblyk soos oom skryf ek het trane in my oe… Ek weet Oom Al ‘entertain’ verder daar bo by ons Hemelse Vader. Oom Al was n besonderse mens en sal nooit vergeet word en ek weet oom Steve gaan hom baie mis baie Dankie dat oom namens ons almal gegroet. Sterkte en mag oom n geseende dag he!!!

  • Elnette van Eeden

    Fantasties geskryf Steve! Baie hartseer, maar sal Al Debo nooit vergeet!

  • Matt Heyns

    SteveH, vat voor en lei die Boere koor sodat hulle kan ophou om so te kêrm or outonome regering vir hulleself.

  • Lorinda

    oom AL jy was ‘n LEGEND sal jou nie vergeet nie!!!!!!!!

  • Susan

    SMEA
    Baie dankie Steve dat jy namens ons Suid Afrikaners ‘n woordjie kon spreek by die hospitaal
    ons waardeer alles wat jy vir ons land doen en die legendes wat nog daar is. Jy bly ons top
    legende dit kon jy self sien by Innibos die Nelspruiters is mal oor jou.

  • Lea

    Ag Steve man!!! Hoe week maak jy my nou. Mag hy in die vreugde van Jesus arms rus!!!!

  • CJ

    Dit is die mooiste hulde gebring van Steve aan Oom Al Debbo. Ek het trane in my oe soos ek dit lees. Ek het ook baie van sy ou flieks gesien saam met Fredrik Burgers ( al was dit gemaak nog lang voor ek gebore was en hulle het ons regtig lekker laat lag.

    Ek groet jou oom Al met ‘n traan en ‘n glimlag. Jy laat ‘n groot leemte in ons harte, maar nou sit jy aan die voete van God en jy laat hom lekker lag so uit sy maag uit.

  • Yris du Plessis

    Tydens ‘n fondsinsameling vir ‘n kinderhuis in 2005, het ons oom Al ook genooi. Dit was gehou op Balmoral naby Witbank. Oom Al hulle het daardie naweek by my en my seuns aan huis gebly. Ai wat ‘n voorreg was dit darm maar nie vir ons gewees nie. Sterkte en vrede vir sy familie.

  • Alicia van der Spuy

    Ai my ou FB en Twitter Mater…

    Baie baie dankie dat jy vir Oom Al se familie so mooi bygestaan het gister… In jou besige skedule het jy tyd gemaak om vir Oom Al te gaan kuier al was jy ‘n uur laat, was JY daar en was JY ‘n steunpilaar vir sy Familie en tog moes jy met ‘n hartseer knop 20min later ‘n optrede gaan doen het, ter huldeblyke aan ons land se ander legend Lucas….

    Ek onthou ‘n paar jaar terug, (kan net nie onthou watter program dit was op TV nie) het hulle ‘n onderhoud met Oom Al gehad. Oom Al was bitter bewoë oor die feit dat sy generasie vergete en verlate was vir so baie jare. En daar gaan JY toe en lig daai gees weer in Oom Al en herinder ons almal aan waar ons trotse Afrikaanse musiek en vermaak werklik vandaan kom met jou Toeka….

    Jy sing "Bottel jou Asem vir My en Ek Spaar Stukkies van Jou as Ek Jou Verloor… " Jy het klaar sy ASEM Gebottel nou kan jy net STUKKIES van Oom Al SPAAR in jou HART – Dankie Steve, vir wie en wat jy is. Sterkte aan Oom Al se Familie, Vriende, vir jou en al julle kolegas – Mag God julle krag gee deur hierdie hartseer tyd (*_*)

    Groete Alicia van der Spuy

  • Wanda Richter

    Steve se hulde spreek ook wat ons ander van Al dink. Baie dankie Steve.

  • N.A.Oosthuizen.

    Goeie werk Steve! What can I say??

  • Hanz Nel

    Rus in vrede oom Al, jy is ‘n legende.

  • Kobus en Esther Kisling

    My innige simpatie aan oom Al se gesin. Hy was ‘n wonderlike mens en kon ons as kinders by Harry se kafee naby Fiestaland vir ure vermaak. Hy was wel klein van postuur maar met ‘n groot hart vol liefde vir al wat mens was. Rus sag oom Al ons sal jou met ‘n traan in die oog en ‘n bree glimlag onthou.
    kiwi-kobus + esther

  • Monica

    Ja Steve,oom Al se dood is n groot verlies vir ons almal. Ek het al sy ou flieks gesien en hy was briljant,veral wanneer hy daai twee oe so groot draai! Dierbare,goeie oom Al. Ons al hom altyd onthou. So ook vir ou Tola,Lucas,Bles.Goeie kunstenaars wat altyd in ons harte en gedagtes sal wees.
    Ek is bly dat jy daar by hom kon wees.

  • Steven Afrika

    Oom AL DEBBS,jou heengaan is n groot verlies vir die Suid Afrikaanse mensdom en veral in die vermaaklikheids wereld.Rus in vrede………..een van jou grootste bewonderaars….Steven A,Mosselbaai

  • Volksbloed

    Ai Steve, dit bly hartseer. Maar soos net jy dit kan stel, sit mens lank na die artikel gelees is, nog met ‘n knop in die keel. Ware woorde, oor ‘n ware man. Volksbesit!

  • Flip

    Dankie. Dis so mooi!!

  • Fanie Engelbrecht

    Steve ek het die wereld se respek vir jou omdat jy oom Al gaan haal het uit die vergete anale van gister en hom iets laat herleef het wat sy hele lewe was, ek salueer jou en glo dat die dankie’s wat jy van hom gekry het veel dieper betekenis het as wat ons dink…… Ek was en is nog altyd n groot fan van oom Al en sal hom baie mis want hy was een van die vergete ou "groottes"…… Dankie vir wat jy vir hom gedoen en beteken het…. God’s rykste seen….!!!!

  • John de Meillon

    Oom Alec dankie vir al die pret en plesier saammet wyle oom Frikkie Burger in laasgenoemde se mynhuis in Langlaagte – Rus saggies

  • Adelle Botes

    Ons het groot geword met Al Debbo wat ons laat skaterlag en is trots om te se my twee dogters van 18 & 16 weet wie Oom Al is en ken sy liedjies & prente. Oom Al het ons leer lag vir ons self en het ons geleer om trots afrikaans te wees! Dankie vir die pragtige herinneringe!

  • Jorrie Jordaan

    Treffend Steve! Jy is verseker een van die min kunstenaars, skrywers, orators, doeners, waarna ons in SA kan opkyk. Jy mag maar lei, ons sal volg

  • Riaan

    Dalk is dit nie sterre daar bo nie, maar gaatjies in die Hemel waardeur ons geliefdes neer kyk op ons. En die sekel maan, Oom Al se glimlag.

  • Bettie Bouwer

    Ai Steve, jy het dit so mooi gestel. Ek sit met ‘n knop in my keel en trane in my oe. Dankie vir die mooi huldeblyk.

  • Renette de Beer

    Soos net jy dit kan sê Steve…

  • Lynette Führi

    Steve, dankie dat jy die mooi huldeblyk aan Oom Al Debo gebring het. Omdat jy skryf talent het kon niemand dit beter doen nie. Ek huil maklik oor sulke woorde, snot en trane man!!! Ek is bly dat ek "weet" wie Al Debo is, maar ek is ook bly ek "weet" wie Steve is. Dankie weereens! Jy is ook ‘n ster…….

  • Dalene-Windhoek

    ai tog,nou huil ek eers oor n ou legende-dankie Steve,dis pragtig en gepas

  • Hein

    Dankie Steve,baie mooi woorde van Oom Al. Ek glo,die land sal hom nooit vergeet nie.

  • G B Swanepoel

    Oom Al,Ek sê Dankie vir die Roomys wat jy vir my in my Pa se Bioskoop op Wellington gekoop het toe ek ‘n Tjokkertjie was.Ons sal jou altyd onthou.

  • Mariana

    My seun se kommentaar toe ek met my man oor Oom Al Debbo praat was die volgende:

    "Hy is nou by Jesus want hy is Jesus se beste buddy en daarom het Jesus hom nodiger gehad, hy was seker bietjie alleen."

    Dankie Steve net soos elke ander mense met tekortkominge het jy ook ‘n groot hart en ‘n manier met ‘n pen.

  • Phil Botha

    dankie Steve vir ‘n besonderse diep huldeblyk. Jou woorde is afgemeet en tog nog te lig om werklik die waarde van Al debbo vir ons volkie se psige te beskryf! Dankie vir jou diepsinnigheid….ek en ek glo baie ander, het groot waardering daarvoor!

  • Daantjie Badenhorst

    Miché, baie daarvan is op DVD uitgereik, onder meer Hier’s ons weer, Dis lekker om te lewe, Alles sal regkom en Fratse in die vloot. Jy kan dit by http://www.kalahari.net bestel. Oom Al was een van die min Suid-Afrikaanse komediate wat nie op vloekwoorde of "grappe" oor seks en drank staatgemaak het om snaaks te wees nie.

  • Gert Kruger

    Steve het dit mooi opgesom. oom Al Debbo was nederige mens en tog het hy duisende mense aangeraak. Sy woorde ,nadat Sandra Prinsloo hom gevra het in haar onderhoud oor geld, was sy woorde "jy kan dit tog nie saam vat nie" kort en kragtig!!!! Dit sal ek altyd onthou !!! R.I.P oom AL