482016_10151110235604559_397562887_n
Het jy gehoor?

Steve verjaar!

Só twiet hy vanoggend oor wat sy verjaardag tot dusver inhou: Sover: baie mooi klere, boeke en ‘n Walka!! En ‘n oproep van my ma! Dan wag ek vir n 10am verrassing. wil nie sê wat nie

Bekendes wat hom al op Twitter vandag gelukgewens het:

Evita Bezuidenhout:
Geniet jou verjaarsdag skat. Tannie wens jou alles wat lekker en gesond is.

Kevin Leo: baie geluk my vriend! Jy is ‘n ongelooflike mens en ‘n inspirasie vir my en duisende ander…

Mark Fish:: Happy Birthday Sir Steve Hofmeyr, may you have a Rock and Roll day and year !!!

Karen Hougaard: Baie geluk, mag dit super jaar wees! Sal cheers op jou vanaand! Xxx

Só skryf hy gister (28 Augustus) op sy Facebook-blad oor sy Amerikaanse vakansie:
“Toe Jakaranda FM se Martin bester Drive ons LA toe stuur om Neil Diamond te kyk, het ek besluit om vroeër deur te vl
ieg, om my Katryntjie New York en Vegas te gaan wys. Ek dog ek ontsnap SA in die VSA, toe die mynproteste en skieterye voorblad slaan in die New York Times, Wallstreet Journal en vele TV-nuusstasies. Maar daar was beslis goeie wegkom geleenthede. Met 30 teaters in die onmiddellike omgewing was keuses legio…”

Steve in New York

“En soos gebruiklik, stap ek in Suid-Afrikaners vas op die eienaardigste plekkies.”

“Tog bly New York ‘n mooi voorbeeld van hoekom die Yanks, met hul ander mankemente, steeds die modelstaat, beskawing en presteerders ooit is. Hulle reddingsbote is gebou uit herwonne staal van die World Trade Towers en hulle ken van demokrasieë en erfenis. “

Steve Hofmeyr

“Vegas is iets heeltemal anders. Dis Carnival City in Upington. Of twintig Carnival Cities in Upington, met baie vermaak buiten vampieragtige losskrums om roulettetafels. Daar’s hotelle en liggies. En baie lugversorging. Dis immers 40 grade buite op die Strip.”

“Ons het ook Suid-Afrikaner ontmoet (deur Twitter!) wat toe pas getrou het in ’n Elviskerkie! Die biere het gevloei. Geluk julle! Die volgende dag het ons ‘n kar gehuur om die 300 km woestynpad na Los Angeles aan te durf. Dit het gevoel soos die pad deur Mariental, droog, rotsgebergtes en 40grade Celsius. Hou regs gaan links verby. En ja, ons weet nie wat lorries is nie. Hulle s’n is chroom skepe op 18 wiele.”

Ek’s terug en reg vir nog. Ek’s veral lus vir sing. Hou hier dop vir toerdatums. As jy nog nie weet nie: EK VERJAAR!!!!

Lees die volle inskrywing en kyk foto’s op Steve se Facebook-blad

  • Annalene

    Ek gee nie om wie se wat oor Steve nie…hy is en was nog altyd my "darling"! Dis mos lekker om oor belangrike mense te skinder, terwyl ek en die tannie 2 huise van my af in die straat, groter en baie leliker sondes het. O ja, ekt vergeet, dit tel nie, want niemand ken ons nie! Steve, jy rock, het nog altyd en sal ook altyd vir my! Vir my is jy in dieselfde klas as Neil Diamond, jy sal ‘n legende wees, lank nadat ons nie meer hier is nie!