Het jy gehoor?

Steve vier 25 jaar op die verhoog

Ná 25 jaar in die musiekbedryf het Steve Hofmeyr die land steeds aan sy voete. Hy is SA se gunsteling-kunstenaar, met meer as 127 000 aanhangers op Facebook en 21 000 volgelinge op Twitter! Mense is mal oor sy musiek, sy charisma en sommer net oor hom. Hy kom op vir dit waarin hy glo en mis nooit ’n geleentheid om te doen wat hy die beste doen nie – om te sing, te skryf en sy lyf akteur te hou.

Om sy 25 jaar op die verhoog te vier hou hy ’n reuse-konsert by Carnival City op 26 November 2011. Sy 25ste CD, Haloda, is ook binnekort beskikbaar.

“Die liedjies is minder dramaties as op 1001 woorde, en dit is lekker danstreffers,” lui ’n persverklaring oor die konsert.

Die liedjie saam met Armand, sy oudste seun, met die titel “Pa en seun”, sal ook op Haloda verskyn. Dit is ook die album waarin hy sy verloofde, Janine van der Vyver, gevra het om te trou. Hy het in die omslag van die CD vir haar die ja-woord gevra.

Steve gaan in Suid-Afrika en Nieu-Seeland toer met Haloda.

[box:full:grey:both]

Steve vier 25 jaar by Carnival City

Waar: Carnival City Big Top Arena

Wanneer: 26 November 2011

Tyd: Deure open om 19:00 en die vertoning begin om 20:00

Kaartjies beskikbaar by Computicket

[/box]

  • cecilia behrens

    Steve ek hou van jou.Jy is soos jy is,sonder pretensie,as jy droog gemaak het,herken jy dit en gaan weer aan met die lewe.Jy is uitmuntende akteur,asook n sanger.Ons sal jou defnitief mis as jy die dag nie meer daar is nie.DIT IS VERSEKER!

  • magdel

    cool steve, bja geluk met al jou prestasies, nou hoe word ek jou follower op twitter en facebook?!

  • Isabella Niehaus

    Steve gaan vir altyd net dit wees: STEVE….en dank die vader daarvoor!!! Hy stap sy eie pad…en ekke saluut hom daarvoor!! Ek haal my eie free spirited rasta kop kind aan: you only have one life……live it every day!!!!

  • Dina jansen

    geluk met jou verlowing julle twee maak n mooi paartjie jy lyk so goed