livre-Steven-Spielberg-Une-retrospective
Het jy gehoor?

VIDEO: Steven Spielberg se kinders begin musiekloopbaan

Steven Spielberg is een van die suksesvolste filmregisseurs van alle tye en nou lyk dit of sy kinders ook besig is om groot naam te maak, maar hulle volg nie in pa se voetspore nie …

Die broer en suster Theo (25) en Sasha Spielberg (23) het vroeër vanjaar hul eie musiekgroep, Wardell, begin. Sasha, wat die sangeres van dié groep is, het ook al in een van haar pa se flieks, Indiana Jones And The Kingdom of the Crystal Skull, gespeel. Theo bespeel die instrumente en bestuur ook hul groep.

Theo en Sasha is deel van Steven en sy vrou, Kate Capshaw, se gesin van 9. Kate en Steven het albei biologiese kinders uit vorige huwelike. Kate het vir Theo aangeneem net voor haar huwelik met Steven. Steven het ook later vir Theo aangeneem. Saam het hulle nog 3 biologiese kinders, waaronder Sasha, asook een aangenome seun.

Steven se kinders, Theo en Sasha

Steven se kinders Theo en Sasha

Jude Law se seun maak fliek-debuut

Beyoncé se man, die hip-hop-sanger Jay Z, het dié broer en suster vroeër vanjaar by die South By South-musiekfees in Texas sien optree en was vreeslik beïndruk. Sy bestuursgroep Roc Nation het hulle kort daarna vir ’n kontrak genader. Die groep het onlangs hul eerste liedjie Opossum vrygestel en beoog om vroeg volgende jaar hul debuut-album op die rakke te hê. Wardell se musiek word as ‘gemaklik en ontspanne’ beskryf.

Kyk hier na hul musiekvideo Opossum:

Bron: Daily Mail