FOTO Instagram / @destyallen

FOTO Instagram / @destyallen

Het jy gehoor?

Steven Spielberg se 19-jarige dogter nou model

Die bekende Hollywood-regisseur Steven Spielberg se dogter gaan nie ook agter die kameras werk nie, maar eerder vóór die lens. Die 19-jarige Destry Allyn Spielberg het ’n kontrak geteken met die modelagentskap DT Model Management, berig E News.

Die dogter van Steven en sy aktrise-vrou, Kate Capshaw, het reeds haar eerste fotosessie gehad.

Sy het dié foto op sosiale media gedeel:

Die nuwe model is ook geen vreemdeling in die modewêreld nie. Sy het onlangs ’n ete van die modehuis Diane von Furstenberg bygewoon. Destry was ook by ’n Vogue-geleentheid saam met die ontwerper Ralph Lauren.

A photo posted by Destry Spielberg (@destryallyn) on

Maar Destry is net een van baie celeb-kinders wat nou model is. Die Britse akteur Jude Law se 15-jarige dogter, Iris, het onlangs in Teen Vogue verskyn. Ons kan nie glo hoe baie sy na haar pa lyk nie!

1280_iris_law_teen_vogue2

Iris se ouer broer, Rafferty, het ook al in Teen Vogue verskyn. En die trekke na Jude is beslis sigbaar.

rafferty-law-main

Die akteurs Uma Thurman en Ethan Hawke se 18-jarige dogter, Maya Thurman-Hawke, het ook ’n modelkontrak losgeslaan by die Britse modehuis All Saints.

Lees nou

Zayn se geheim: ‘Ek het eetsteuring gehad’

Beauty and the Beast se lokprent is uit!

Bobby en Karlien se nuwe avontuur