FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

STUDIE: Slim vroue intimideer mans

Die bekende akteur George Clooney is nie skaam om te sê sy prokureur-vrou, Amal, is slimmer as hy nie, berig Daily Mail. Tog wys ’n nuwe studie hoewel mans intelligente vroue aantreklik vind, vermy hulle dikwels romantiese verhoudings met dié Evas

Volgens The Telegraph sal dié bevindings deur navorsers van drie Amerikaanse in die November-uitgawe van Personality and Social Psychology Bulletin gepubliseer word, en dis reeds aanlyn beskikbaar.

Die meeste van die studie se 105 manlike deelnemers het in ’n hipotetiese scenario gesê hulle dink vroue wat beter as hulle in wiskunde en Engels vaar is ’n goeie maat. Maar wanneer hulle moet besluit of hulle ‘n romantiese afspraak wil maak, kry mans koue voete en beskryf dan slimmer vroue as “minder aantreklik”.

Die navorsers waarsku dat verdere eksperimente gedoen moet word om hul gevolgtrekking te bevestig, maar hulle glo “gevoelens van gedempte manlikheid” verduidelik waarom mans verhoudings vermy met vroue wat slimmer is as hulle, sê Independent

Bronne: Daily MailThe Telegraph en Independent

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting