barnard
Het jy gehoor?

Bekende Amerikaanse reeks verwys na SA se dr. Chris Barnard

Dr. Chris Barnard

Die jaar is 1968 in die nuwe reeks van Mad Men - dit is die tyd van die Viëtnam-oorlog en die nuus dat Suid-Afrika se dokter Chris Barnard op 3 Desember 1967 die wêreld se eerste menslike hart oorgeplant het, gryp die verbeelding van die wêreld aan.

Dít is die konteks waarmee die sesde reeks van Mad Men begin, wat sedert verlede week weer op Suid-Afrikaanse televisie te sien is (Donderdagaande om 21:30 op M-Net Series, DStv-kanaal 113). En die modes in dié reeks het ons geïnspireer om die sestiger-modegier in ons winterklerekas in te bring:

Die sexy rok soos Joan Harris

Lia Houndstooth Dress van Amanda Laird Cherry

Linen Shift Dress With Lace Appliqué van Adam & Eve

Striped Dress van Hermanna Rush

Regaf-rok van rekstof van MarethColleen

Die sterk vrou soos Peggy Olson

Patroonhemp van Jo Borkett

Perfect Trench Jacket van Label Femme

Midi-heel Mary-Janes van Pierre Cardin

Die perfekte 60’s-grimering

Kry die 60’s se klassieke oë met swart oogomlyner en maskara wat jou wimpers ekstra volume gee. Probeer Maybelline The Colossal Kajal Liner (R50) in swart om soliede lyne om jou oë te trek. Beklemtoon dan jou wimpers met Lancôme Hypnôse Drama (R315). Dié maskara skep die voorkoms van dik, vals wimpers.


Die Lodox-masjien

‘n Klomp opgewonde dokters het dié masjien as ‘n nuwe speelding gesien toe die fiktiewe hospitaal in Grey’s Anatomy dit aangekoop het. Die toestel is aanvanklik in Suid-Afrika deur die Lodox-maatskappy vervaardig om in die mynwese te gebruik, maar die waarde van die masjien vir die mediese wêreld is vinnig uitgewys.

Die toestel neem X-strale van ‘n persoon se hele lyf in slegs 13 sekondes – iets wat gewoonlik 20 minute geduur het. Dit is blykbaar die eerste in sy soort in die wêreld – en dit is in Suid-Afrika ontwerp, gebou en versprei.

Verskeie van dié masjiene is al uitgevoer. Plaaslik gebruik 13 staatshospitale en ‘n private hospitaal dié toestel, asook 2 lykshuise om die oorsaak van dood vinniger te bepaal.

District 9

Dié trefferfliek het die verbeelding van die wêreld aangegryp deur ‘n satiriese blik op apartheid en soortgelyke regimes te gee. Lees meer oor dié film hier.

Bronne: Huffington Post, Channel 24