blended adam sandler drew barrymore
Het jy gehoor?

SA se Sun City middelpunt van Hollywood-fliek

Wanneer jy die lokprent van die nuwe Hollywood-film Blended kyk sal jy ’n bekende gesig sien – SA se eie Sun City!

SARIE.com het verlede jaar berig dat Adam Sandler en Drew Barrymore se nuwe film in Sun City verfilm word, maar ons het nie verwag dat só baie daarvan in die film gesien gaan word nie.

Dié lokprent van Blended is onlangs bekendgestel en diegene wat Suid-Afrika ken, sal baie van die bakens in die agtergrond herken.

Adam Sandler ‘byna jagluiperd-kos’ in SA

Blended vertel die storie van twee enkelouers wat ná ’n blinde afspraak mekaar toevallig weer op vakansie raakloop – in Afrika waar hulle op safari is. Kyk na dié lokprent hier:

Blended is die derde romantiese komedie waarin Drew en Adam saam speel. Dié vorige films, 50 First Dates en The Wedding Singer, het goed by die loket gevaar. Ander sterre in dié fliek is Joel McHale, Wendi McLendon-Covey, die Disney-ster Bella Thorne en die basketbalster Shaquille O’Neal het ook ’n rol in dié film.

Drew Barrymore, wat ook haar eie grimeerreeks het, het ’n grimering-les vanuit Sun City gegee – kyk daarna hier.

Suid-Afrika op die kassie

Nie net word baie films deesdae in Suid-Afrika geskiet nie, die gewilde TV-reeks Homeland gaan ook hier geskiet word. Lees meer hier.

Bron: Film Contact