FOTO Instagram dianekrugerperso

FOTO Instagram dianekrugerperso

Het jy gehoor?

Top-20 vakansieplekke in Suid-Afrika

Kaapstad is wéér die beste stad ter wêreld, volgens die Telegraph se Travel Awards. Met die kombinasie van see en bergreekse, bly Kaapstad ’n gunsteling onder toeriste. Boonop is dit ook die koshoofstad van die wêreld. 

En nou wys SA Toerisme se syfers dít ook. Die gewildste 7 plekke in SA is almal in die Wes-Kaap. En vir die eerste keer in ’n lang tyd is die V&A Waterfront onttroon as die bestemming met die meeste besoekers. Die Kaapse middestad kraai nou koning, berig Traveller24.

Hier is die lys van die land se top-20 toerismebestemmings

1. Kaapse middestad

Met so baie om te doen binne stapafstand, is die middestad die perfekte aantrekking vir toeriste. Van die mark by Groentemarkplein tot die nagklubs in Langstraat, daar is iets vir almal.

A photo posted by Michelle (@trojangurugal) on

 

2. V&A Waterfront

Veel meer as net ’n inkopiesentrum. Die V&A Waterfront bied ook restaurante en verblyf van topgehalte. PLUS Jy kan op die Kaapse wiel ry om Moederstad vanuit ’n ander hoek te verken.

A photo posted by pinihecht (@pinihecht) on

 

3. Tafelberg

Neem die kabelkar en kry die beste uitsig vanaf een van die wêreld se natuurlike wonders.

 

4. Kaappunt

Dit is aan die punt van die Kaapse Skiereiland sowat 60 km uit Kaapstad in die Tafelberg Nasionale Park. Die meer aktiewe toeris kan ook ’n fietsrit na Kaappunt geniet.

 

5. Die wynlanddistrik

Gaan proe van die beste wyne op die mooiste wynplase.

 

6. Robbeneiland

Baie toeriste is nuuskierig oor die tronk waar oudpresident Nelson Mandela 27 jaar in aanhouding was.

 

7. Die Tuinroete

Mosselbaai, Knysna en Plettenbergbaai is van Suid-Afrika se gewildste toeristebestemmings en vorm deel van die Tuinroete. Die wit strande en pragtige woude is iets om te aanskou.

8. Krugerpark

Mense van wyd en syd kom na die Krugerwildtuin om die Groot Vyf te sien.

9. Apartheidmuseum

Die Apartheidmuseum gee jou goeie insig in dit wat tydens die apartheidsjare in Suid-Afrika plaasgevind het.

10. Durbanse strandfront

uShaka Marine World is een van Durban se grootste aantrekkings en is een van die grootste akwariums ter wêreld.

11. ’n Toer deur Soweto

Besoek dié ikoniese township en ontdek die ryk geskiedenis.

12. Walvis-kyk

Jy hoef nie na ’n sekere strand toe te gaan met die hoop om ’n walvis te sien nie. Walwisse kom vanaf die weskus tot so ver as St. Lucia aan die ooskus voor.

13. Wildekus se strande

Die Wildekus het baie om toeriste besig te hou – van perdry tot staproetes.

14. Die Karoo-volstruisplaas

By dié volstruisplaas op Oudtshoorn kan jy aan die pragtige volstruise vat óf selfs een ry.

15. Die leeu-en-renosterpark

Waar anders sal jy so baie leeus binne een area sien?

16. Kaapse township-toere

Toeriste is nuuskierig om Kaapstad se oudste township, Langa, te besoek en die leefwyse te ervaar.

17. Blyderivierspoort, “God se venster”

Gaan besoek die derde grootste dalkloof in die wêreld. Met die asembenemende uitsig word dit nie verniet “God se venster” genoem nie.

18. Kaap Agulhas

Toeriste besoek graag die mees suidelike punt van Afrika.

19. Die Kangogrotte

Die grotte is 29 km buite Oudtshoorn en dit is ’n unieke ervaring om tussen die grotte te klouter. Vermy dit as jy engtevrees het!

20. Die Weskus

Om die mooiste strande, bergreekse en ryk geografiese diversiteit te ervaar, is die Weskus die perfekte bestemming.

Lees nou

Nataniël se roerende toespraak

‘Mý lyf, mý besigheid’ – Jennifer Aniston, Ashley Graham en ander

Britse politiek: Wie’s uit, wie’s in en die kat bly