life_above_all
Het jy gehoor?

SA aktrise (15) haal TIME se top-10

Sy was 13 toe regisseur Oliver Schmitz haar vir die rol van Chanda gekies het. Die fliek is gebaseer op die boek Chanda’s Secrets deur Allan Stratton en handel oor ‘n jong meisie se stryd met MIV/vigs in haar gesin en gemeenskap. 

En nou is Khomotso Manyaka op die tydskrif TIME se top-10-lys vir beste akteur/aktrise in ‘n fliek.

Life, Above All is reeds op 2012 se Oscar-kortlys vir die beste internasionale fliek. Verlede jaar by die Cannes-filmfees het dit die François Chalais-prys losgeslaan. Manyaka het ook die prys vir beste aktrise by verlede jaar se Durbanse Filmfees gewen.

“Ek is baie trots op myself – 2011 was ‘n ongelooflike jaar,” het Manyaka gesê.

Sy sê sy’s gelukkig met die erkenning, hoewel sy verras was, want sy’t nie gedink sy het die talent nie.

Haar fokus bly egter op haar skoolwerk, en sy werk nie tans aan nog ‘n fliek nie. Sy is vanjaar in graad 10 aan die National School of the Arts, nadat sy en haar mede-aktrise Keaobaka Makanyane elkeen ‘n beurs ontvang het.

Klik by www.iol.co.za vir die volledige artikel.