Het jy gehoor?

Suid-Afrikaner gaan uit met William en Harry se niggie

Die 29-jarige Nick Compton is in Durban gebore en het vroeg reeds gewys hy het sy oupa, die legendariese Engelse krieketspeler Denis Compton, se talente geërf. Nick het in sy tienerjare Engeland toe getrek en by ‘n eksklusiewe skool met ‘n krieketbeurs skoolgegaan. 

Nick Compton

Kitty is die dogter van Lady Diana se broer, graaf Charles Spencer. Hy is berug vir sy stormagtige verhoudings (hy is al drie maal getroud en het sewe kinders). Die Compton-gesin het vir Kitty met ope arms verwelkom.

Nick se ma, Glynis, woon nog in Durban en het in ‘n onderhoud met Mail Online gesê Kitty is slim, snaaks en plat op die aarde.

Kitty Spencer

“Ek is baie beïndruk met haar,” sê Glynis, wat nog onseker is of die paartjie gaan trou. “Sy’s baie mooi en natuurlik, maar sy het heel anders as Nick grootgeword. Dit moet seker moeilik wees vir haar, maar sy wys dit nie. Sy is baie beskeie.”

Glynis het bevestig dat dié paartjie sedert September 2012 uitgaan en dat Kitty reeds vir haar en haar man, Richard, ontmoet het.

Die 22-jarige Kitty het verlede jaar saam met die Comptons in Knysna Kersfees gevier. Nick het ook al die Spencer familie-huis besoek en volgens sy ma was hy was stomgeslaan daardeur.

Ironies genoeg het Kitty, wat in Engeland gebore is, in Suid-Afrika grootgeword. Nadat haar ma, die model Victoria Lockwood, se huwelik met Charles op die rotse beland het, is sy saam met haar ma Kaapstad toe.

Kitty Spencer

Kitty en Nick het eers verlede jaar ontmoet toe sy na Engeland teruggekeer het om verder te studeer. Die twee is deur ‘n gemeenskaplike Kaapse vriend aan mekaar voorgestel en het dadelik goed oor die weg gekom. Hulle het ook glo vinnig troetelname vir mekaar gekry: Sy noem hom “granddad” weens die 7 jaar ouderdomsverskil tussen hulle.

Nick se ma sê sy weet nog nie in watter rigting hierdie verhouding stuur nie, maar Nick het nog nie baie meisies gehad nie en hy gaan nou al ‘n geruime tyd met Kitty uit.

Klik vir foto’s van die paartjie.

Wat dink julle? Pas die tweetjies bymekaar?