Het jy gehoor?

Suid-Afrikaner is glo Cameron Diaz se nuwe liefde

Volgens gerugte het Cameron Diaz en die Suid-Afrikaanse biljoenêr Elon Musk begin saamkuier. Hoewel dit nog nie bevestig is dat hulle ‘n paartjie is nie, word hulle gereeld saam gesien, berig Glamour.

Die 41-jarige entrepreneur het verskeie tegnologiese projekte finansier, waaronder SpaceX (‘n ruimtetuig vervaardigingsmaatskappy), Tesla Motors (wat elektriese motors vervaardig) en PayPal (wat jou toelaat om betalings via die internet te doen). Elon is na bewering die inspirasie vir Robert Downey Jr. wat die fiktiewe biljoenêr Tony Stark in die Iron Man-rolprente vertolk. Dié karakter se fondse gaan ook vir tegnologiese innovasie wat hy dan self gebruik as hy sy lyf superheld hou.

Kanye West en Elon Musk

FOTO: Kanye West (links) kuier by die SpaceX fabriek. Elon (regs) is glo die inspirasie vir Robert Downing Jr. in die Iron Man-films.

Cameron het vroeër vanjaar ‘n elektriese motor van Tesla gekoop en sedertdien ‘n paar keer weer hul kantore in Kalifornië besoek. En Elon het weer op sy beurt vir Cameron gaan kuier.

Elon het voorheen met die aktrise Talulah Riley (Pride and Prejudice) uitgegaan en het al twee huwelike agter die rug. Cameron se laaste ernstige verhouding was met die bofbalspeler Alex Rodriguez wat byna twee jaar gelede geëindig het.

[box:full:red:both]

Wie is Elon Musk?

  • Elon Musk is op 28 Junie 1971 in Pretoria gebore.
  • Sy ma is Kanadees en sy pa Suid-Afrikaans.
  • Elon het sy eerste rekenaar as kind gekry en homself leer programmeer.
  • Op 12 het hy sy eerste kommersiële sagteware vir ongeveer $500 (sowat R5000) verkoop.
  • Hy het aan die Pretoria Seuns Hoërskool matrikuleer.
  • Hy het aan universiteite in Kanada en in Amerika studeer – onder meer ekonomie en fisika. Hy het begin met ‘n PhD-graad in fisika en wetenskap aan die Universiteit van Stanford, maar dit nooit voltooi nie. 
  • Hy het drie areas identifiseer waarop hy wil fokus om die belangrikste probleme van die mensdom op te los. Hierdie areas is die internet, skoon energie en die ruimte.

[/box]

Addisionele bronne: Wikipedia