Het jy gehoor?

Suid-Afrikaner saam met Kate Hudson in Glee

Dean Geyer as Brody Weston maak die lewe van Finn Hudson (Cory Monteith) moeilik in die vierde reeks van Glee as hy in Finn se slaai krap.

Maar wie is die aantreklike jong Suid-Afrikaner? En hoekom het ons nog so min van Dean Geyer gehoor?

Dean is in Johannesburg gebore, maar op 15 het hy saam met sy gesin na Australië geëmigreer. In 2003 het die jong ster, wat volgende Woensdag 26 word, derde gekom in die Australiese kompetisie van Idols.

Sό berig wetpaint.com en IMDB.

Met sy vertolking van ’n aspirant-musikant, Ty Harper, in die televisiereeks Neighbours in Australië het sy loopbaan as akteur begin.

Intussen het Dean ook bekend geword in Hollywood – hy was Mike Stokes in die fliek Never Back Down 2: The Beatdown, en het selfs in ’n episode van VH1 se reeks The Single Ladies verskyn. Daarna het hy Mark Reynolds in 12 episodes van die FOX-reeks Terra Nova gespeel.

Hy maak egter nou werklik naam vir homself met sy rol as Brody Weston in Glee. Tot dusver was hy in 11 episodes van dié reeks, wat met ’n rits Emmy-, Golden Globe-, People’s Choice- en Teen Choice-toekennings spog.

Volgens die Australiese webblad news.com.au steel hy Rachel Berry (Lea Michele van New Year’s Eve) se hart in die nuutste reeks van Glee. Sy karakter, Brody, draf saam met Rachel klas by die New York Academy of Dramatic Arts (NYADA).

Kate Hudson verskyn ook in die nuwe reeks as Cassandra July, die dansinstruktrise by NYADA. Hy vertel dat hy sό gestres het toe hy Kate Hudson ontmoet het, dat daar ’n spiertjie in sy wang begin spring het. Hy sê ook sy was wonderlik om mee saam te werk.

 

Hier vertel Dean meer oor homself én sy rol.

Brody en Rachel word vriende en dan begin die vonke spat. Die groot vraag is sekerlik of Rachel ooit van Finn sal vergeet. Met Suid-Afrika in sy bloed én sy aantreklike gesig kan Dean (oftewel Brody) dit dalk net regkry!

Sό klink en lyk die twee saam op die skerm. Dink jy Rachel gaan vir Brody val?