FOTO: Instagram (@filipalexander8)

Het jy gehoor?

WENVIDEO: Jong SA’ner wen internasionale sangkompetisie

Die Suid-Afrikaanse sangeres Filipa het weereens bewys hoe talentvol Suid-Afrikaners is.

Dié jong sangeres van Johannesburg Filipa Carmo da Silva het ’n internasionele sangkompetisie gewen wat deur die Amerikaanse televisie- en radio-persoonlikheid Ryan Seacrest aangebied is. Die kompetisie se naam is Ryan Seacrest Cover Song Competition.

In dié kompetisie word jou musiekvideo op YouTube beoordeel. Filipa het die gewilde liedjie “Story of my life” van One Direction gesing. Filipa is eers uit honderde sangers as een van die 25 finaliste gekies. Daarna moes die publiek vir hul gunsteling-video stem. Vyf uitdunrondtes later het Filipa se video met die louere weggestap (kyk na die video onder dié artikel).

Sy het vir dié kompetisie stof in die oë van bekende kunstenaars geskop, soos Josh Levi  wat ook aan die realiteitsprogram X Factor deelgeneem het, en die musiekgroep The Vamps.

Willem Botha maak geskiedenis op Europese verhoog

Filipa het ook haar eie weergawe van die groep Maroon 5 se "Love somebody" op YouTube. VIDEOGREEP: YouTube

Filipa het ook haar eie weergawe van die groep Maroon 5 se “Love somebody” op YouTube
VIDEOGREEP: YouTube

Volgens RyanSeacrest.com werk dié 18-jarige sangeres tans aan haar eerste CD. Sy beplan om haar eerste oorspronklike enkelsnit in Maart bekend te stel.

Hollandse meisie met SA-wortels bekoor in kompetisie

“Ek kan dit steeds nie glo nie,” het die jong sangeres en aktrise vanoggend op Twitter te kenne gegee.

Maak seker jy kyk na Filipa se wen-video!