Het jy gehoor?

Suid-Afrikaners by die Cannes-filmfees

Suid-Afrika is deesdae groot nuus in Hollywood, met regisseur Clint Eastwood wat die fliek The Human Factor (met Matt Damon en Morgan Freeman) oor Suid-Afrika se 1995-Wêreldbeker-oorwinning in die land skiet. The Bang Bang Club met akteur Ryan Phillippe, Reese Witherspoon se eks-man, is nog ‘n projek wat nou in produksie is. Regisseur Gavin Hood, die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur van Tsotsi, se mees onlangse fliek, X-Men Origins: Wolverine, het pas in die plaaslike fliekteaters begin draai.

Dié rolprent-ateljee in Hollywood-styl open in Maart 2010.