FOTO: Gallo Images / Getty

FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Suid-Afrikaners in Dior-advertensies

Dit lyk of Christian Dior se legendariese mode- en skoonheidshuis, Dior, nie genoeg van ons Suid-Afrikaanse vroue kan kry nie. Twee van ons land se sterre was al te sien in advertensies vir Dior.

Charlize vir J’Adore

Charlize TheronDior J’adore is een van die wêreld (én Suid-Afrika) se top-parfuumverkopers. En ons goue meisie, Charlize Theron, is die gesig van dié vroulike parfuum. In ’n kortfliek oor die parfuum is die Oscar-bekroonde aktrise die ster onder klassieke bekendes soos Grace Kelly, Marlene Dietrich, Jerry Hall en Marilyn Monroe. Kyk die advertensie hier!

Katryn in advertensie vir Dior Eyewear

309228_524382964242019_1112306067_nDie jong Katryn Kruger is ’n paar jaar gelede in ’n Kaapstadse inkopiesentrum ontdek. Kort voor lank was sy in advertensieveldtogte vir van die wêreld se gewildste modehuise – Prada, Oscar De La Renta, Louis Vuitton en… Dior. Katryn lyk tydloos, klassiek en beeldskoon in ’n advertensie vir Dior Eyewear se herfs/winter 2012-reeks.

Wie is jou gunsteling Dior-meisie?