Suidooster facebook
Het jy gehoor?

Suidooster se groot nuus!

Soos Suidooster se temalied gaan: “Suidooster waai, waai deur jou mense”, só het die kykNET-reeks die afgelope paar maande in kykers se harte gekruip.

Nou gaan die karakters van die gewilde Kaapse sepie vier dae per week in mense se huise kom kuier.

Jy het reg gelees! Suidooster gaan vanaf 7 Julie vier episodes per week hê.

Sariesondag suidooster lees nou

“Sedert die eerste episode van Suidooster in November verlede jaar het kykers dadelik gesê hulle soek méér van die sepie, wat van die begin af sommer baie sterk op kykNET se kanale gewaai het,” het Karen Meiring, direkteur van Afrikaanse kanale by M-Net, in ’n persverklaring gesê.

Baie geluk, Suidooster! Hou aan om ons harte warm te waai.

Suidooster facebook

Lees nou

Raai watter sjef eet biltong-en-tjips-broodjies?