allery_full_1536
Het jy gehoor?

Supermodel Gisele Bündchen: “Borsvoeding moet ‘n wêreldwye wet wees!”

Gisele Bündchen en manlief, Tom Brady, het in Desember 2009 ‘n pragtige babaseuntjie, Benjamin, gekry. Die 30-jarige Gisele het vir Harper’s Bazaar UK vertel sy dink borsvoeding het haar gehelp om haar lyf te behou.

Benjamin se geboorte was natuurlik en Gisele vertel dat dit glad nie seer was nie, juis omdat sy haarself fisiek en verstandelik voorberei het. Sy het ook gesê dat sy nie kan glo hoe ma’s chemiese kosse vir ‘n pasgebore kind kan gee nie… “Ek dink daar behoort wêreldwyd ‘n wet te wees dat ma’s hul babas moet borsvoed vir 6 maande.”

HET JY GEWEET OOR GISELE?

♥Sy het ongeveer $1,5 miljoen vir die slagoffers van die Haïti-aardbewing geskenk
♥Haar seuntjie is onlangs in ‘n kerk in St. Monica, Kalifornië, gedoop

♥Die supermodel verskyn op Harper’s Bazaar UK se September 2010 voorblad

♥Gisele probeer alreeds vir Benjamin potty train omdat doeke die omgewing besoedel

♥Sy het ‘n tweelingsuster (nie identies), Patricia, wat in Maart getrou het

♥Sy is ook een van die hoogsbetaalde modelle ter wêreld

Stem jy saam met Gisele oor borsvoeding?

Niks mooier as natuurlik nie!Gisele, Tom en BenjaminGisele vir &aposn Vogue

  • Annamarie

    Nee, ek stem nie saam nie.
    Daar is genoeg om jou besig te hou as om nog skuldig te voel oor borsvoeding ook. Dit was vir my gladnie ‘n positiewe ervaring nie en my kinders sou honger gebly het as dit nie vir formule melk was nie. Ek glo in natuurlike geboorte. En as jy gesond eet voor en tydens jou swanger skap, is jou gewig amper dadelik weer reg en gym doen die res. Om jou eie babakos te maak is ook maklik. ‘n Baba is gewoonlik eers van 24 maande af gereed om te potty train, of sy doeke nou die omgewing besoedel of nie. Lapdoeke is omgewings vriendeliker, maar weer gebruik dit water en seep om te was…Iewers moet jy die streep trek en besluit wat sal beter werk vir jou en jou baba.

  • http://maobgjxhysjx.com/ ilvwoup

    zWWkna xhlcoxwybvfj, [url=http://utvtcinyissv.com/]utvtcinyissv[/url], [link=http://xpggwhiewxjk.com/]xpggwhiewxjk[/link], http://pykscthujzyi.com/