FOTO Instagram / @behatiprinsloo

FOTO Instagram / @behatiprinsloo

Het jy gehoor?

Superma Behati se babalyfie skoonveld

Die afgelope jaar het ’n klompie bekendes hul voet neergesit teen die streng voorskrif dat post-babalywe spoedig afgeskud moet word.

“Dis geen skande om gewig op te tel tydens jou swangerskap (of ooit) nie!” het Oscar-wenner Anne Hathaway in Augustus op sosiale media geskryf.

Die Suid-Afrikaanse aktrise Diaan Lawrence sê sy het geen druk op haarself geplaas nie. Ná die geboorte van haar kinders, Olivia-Rose en James, het sy net elke oomblik geniet. “Dit het vir my eerder oor gesondheid gegaan. Ek het lank geborsvoed en gesond geëet. En ek het dit rustig gevat, vir myself tyd gegee en stadig begin oefen,” het sy destyds aan SARIE.com gesê.

Die druk op ma’s om ná swangerskap terug te bons na hul oorspronklike figuur is oorweldigend. En as jou voorkoms jou werk is, is daar geen genade nie. Veral nie in Hollywood nie.

Nóg minder in die wêreld van supermodelle. Behati Prinsloo, die Namibiese supermodel en Victoria’s Secret-engel, het ses weke gelede haar eersteling, Dusty Rose, verwelkom. Sy is getroud met die hoofsanger van Maroon 5, Adam Levine.

Behati het die afgelope naweek met ’n vietse lyfie verskyn by ’n Halloween partytjie. Sy het as ’n jagluiperd gegaan.

FOTO Instagram / @Behatiprinsloo

FOTO Instagram / @Behatiprinsloo

@chilipeppers brought the cheetah out in us… @behatiprinsloo @alitamposi what a night A photo posted by Andrew Watt (@andrew50watt) on

Op 5 Desember is die jaarlikse Victoria’s Secret-vertoning in Parys, Frankryk. Vanjaar se bra, Bright Night Fantasy, kos $3 miljoen (sowat R42 miljoen), eina! Bekende modelle soos Kendall Jenner, Gigi Hadid en haar suster, Bella, sal in onderklere paradeer.

Dis nog onbekend of nuwe superma Behati sal loop. Maar as ons so na haar lyfie kyk, is die kans baie goed.

Ander modelle het ook al dié pad gestap. Die Victoria’s Secret-model Adriana Lima se lyf was in 2012, ná die geboorte van haar tweede kind, binne net vyf weke weer reg vir die loopplank.

 

Tired but could not be happier to be home (where the love is )

 

A photo posted by Adriana Lima (@adrianalima) on

En die Victoria’s Secret-model Lily Aldridge, wat ook in 2012 haar eersteling in die wêreld gebring het, het in net 4 maande haar fikse en vietse modellyfie teruggekry.

Great day in the Big Apple A photo posted by Lily Aldridge (@lilyaldridge) on

Lees nou

JA of NEE? Gwyneth Paltrow se rok op die rooi tapyt

SA se wenfliek begin draai

Jy’t nog nooit jou oogomlyner só gedra nie