FOTO Instagram / @christiebrinkley

Het jy gehoor?

Supermodel Christie Brinkley weer in bikini

In die 80’s het Christie Brinkley supersterstatus as model gehad en gereeld in ’n bikini op die voorblad van Sports Illustrated verskyn. 

Op 63-jarige ouderdom haal sy weer die tydskrif se blaaie, maar dié keer is sy saam met haar twee dogters, Alexa Ray Joel (31) en Sailor Brinkley Cook (18). Al drie het skrapse swemklere aan, en Christie lyk steeds ongelooflik in hare!

Kyk net die pragtige foto’s:

Christie was al vier keer getroud en het drie kinders. Alexa, haar oudste kind, se pa is die musieklegende Billy Joel. Sy was tussen 1985 en 1994 met hom getroud. Haar ander twee kinders, Sailor en Jack, kom uit haar huwelik met die argitek Peter Cook. Die paartjie is in 2008 geskei.

In 1983 het Christie in die musiekvideo vir Billy se “Uptown Girl” verskyn.

Kyk die video hier:

Lees nou

Ma Candice Swanepoel spog met Anacã

Kylie Minogue wen oorlog teen ander Kylie

Van kerrie tot koftas, Herman kook met volstruis