FOTO Instagram

FOTO Instagram

Het jy gehoor?

Supermodel Gisele verdien weer die meeste

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is supermodel Gisele Bündchen die hoogs betaalde model in die wêreld! Sy het tot dusver vanjaar $30,5 miljoen (sowat R444 miljoen) verdien.

Die Victoria’s Secret-model Adriana Lima is in die tweede plek met ’n inkomste van $10,5 miljoen (sowat R153 miljoen).

FOTO Instagram (@adrianalima)

FOTO Instagram (@adrianalima)

En in derde plek is dit niemand anderste nie as Kendall Jenner, met $10 miljoen (sowat R145 miljoen).

FOTO Instagram / @kendalljenner

FOTO Instagram / @kendalljenner

Gisele het verlede jaar ’n koffietafelboek van $700 (R10 381) uitgegee.

Die boek, Gisele, het meer as 300 foto’s bevat van dié supermodel se loopbaan, berig Daily Mail. En ondanks die astronomiese prys het dit soos soetkoek verkoop!

Maar die supermodel het besluit om vanjaar ’n meer bekostigbare weergawe vry te stel. En dit sal ’n stewige $69,99 (sowat R1 007) kos.

Ná al die jare is Gisele steeds beroemd. Sy was ook deel van die openingseremonie by vanjaar se Olimpiese Spele in Rio, Brasilië, haar geboorteland.

FOTO Instagram / @gisele

FOTO Instagram / @gisele

Gisele is getroud met die Amerikaanse sportster Tom Brady en die tweetjies het selfs besluit om vanjaar ’n kookboek uit te gee. Hulle sit nie hul mond aan brood, suiwelprodukte of wit suiker nie. Hulle eet ook nie tamaties, eiervrug en sampioene nie, en geen koffie word in hul huis toegelaat nie. Hulle het twee kinders.

Gisele

FOTO Instagram / @gisele

Gisele het nie net die supermodelle geklop nie, maar ook haar eie man se salaris oortref. Tom het tot dusver vanjaar $14 miljoen (sowat R204 miljoen) verdien.

gisele-bundchen-2015

Bron: NESN