FOTO: Instagram / @gisele

FOTO: Instagram / @gisele

Het jy gehoor?

Supermodel Gisele Bündchen se kookboek

Die hoogs betaalde model in die wêreld, Gisele Bündchen, het verlede jaar ’n koffietafelboek van $700 (R10 381) uitgegee.

Die boek, Gisele, het meer as 300 foto’s bevat van dié supermodel se loopbaan, berig Daily Mail. En ondanks die astronomiese prys het dit soos soetkoek verkoop!

En gaan die supermodel ’n meer bekostigbare weergawe die lig laat sien? Ja,dit sal $69,99 (sowat R1 007) kos.

Bastidores @vivaraonline @vivaraonline backstage.

A photo posted by Gisele Bündchen (@gisele) on

Dis nie al boek wat uit Gisele se pen gaan kom nie. Sy en haar man, Tom Brady, gaan ook ’n kookboek uitgee, berig Shape. Die paartjie sit nie hul mond aan brood, suiwelprodukte of wit suiker nie. Hulle eet ook nie tamaties, eiervrug en sampioene nie, en geen koffie word in hul huis toegelaat nie.

Die paartjie het twee kinders.

 

A photo posted by Gisele Bündchen (@gisele) on

Dié kookboek sal sowat $200 (sowat R2 876) kos.

Lees nou

FOTO’S: Roeline Daneel se pragtige troue

Chanel val Kuba binne!

Elon Musk se ma op 68 model