FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Supermodel Gisele Bündchen veroorsaak debat

Dié foto is die oorsaak van internasionele debatte – saam met wie stem jy?

Gisele Bündchen het dié foto van haar en haar dogter van 7 maande, Vivian, op haar Instagram-blad gedeel. Sekere mense is nou baie kwaad omdat Vivian reeds op so ‘n vroeë ouderdom gaatjies in haar ore het. Ander sien niks daarmee verkeerd nie.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Dit het debatte op sosiale media ontlok oor die ouderdom waarop oorbelle toegelaat moet word en oor vroulike identiteit.

Minja Mary het byvoorbeeld op Twitter gesê dat haar oorbelle haar gehelp het om van ‘n vroeë ouderdom haar vroulike identiteit te skep omdat haar naam en gesig baie androgeen is. Maar sý het eers gaatjies op 5 jarige ouderdom gekry.

Wat dink jy? Hoe vroeg is té vroeg om gaatjies in jou ore te kry? Gesels saam op ons facebook-blad of los kommentaar onder dié artikel