Het jy gehoor?

Supermodel in aanval beseer

Naomi Campbell het ’n ligament in haar been geskeur nadat sy verlede maand in ’n straat in Parys oorrompel is terwyl sy vir ’n huurmotor gewag het. ‘n Bron het aan New York Post gesê dat haar aanvallers het haar moontlik dopgehou en gewag het totdat sy alleen is voordat hulle op haar toegesak het. Sy het haar been beseer toe hulle haar gewelddadig op die grond neergegooi het.

Naomi sowel as haar woordvoerder het geweier om kommentaar te lewer. Daar word bespiegel dat sy moontlik geteiken is oor die duur juwerliersware wat sy gedra het.

Gelukkig was haar Russiese biljoenêr-kêrel, Vladimir Doronin, byderhand om die dag vir haar beter te maak. Hy het haar onmiddellik met sy private straler na ’n ski-oord in Amerika gevlieg. Hier is sy deur een van die top ortopediese chirurge in die wêreld behandel.

Hoewel die 42-jarige model reeds ’n maand gelede aangeval is, gebruik sy steeds ’n rolstol en krukke.

Sy bly egter positief na die aanval en twiet gereeld inspirerende boodskappe. Volgende maand begin haar nuwe realiteitstelevisieprogram, The Face, in Amerika. Hier is ‘n voorsmakie: