Jerry Hall
Het jy gehoor?

Supermodel Jerry Hall se troue lok talle celebs

Supermodel Jerry Hall en Rupert Murdoch, uitvoerende voorsitter van News Corp en 21st Century Fox, is die naweek by die St. Brides-kerk in Londen getroud. Hulle het die groot dag met 100 gaste gedeel, onder wie talle bekendes.

Die paartjie se verlowing is in Januarie vanjaar op ouderwetse wyse in een van Rupert se Britse koerante, The Times, aangekondig. Hulle is al sedert verlede jaar ’n paartjie.

Dit is Rupert se vierde huwelik en Jerry se tweede. Sy was sedert 1977 in ’n verhouding met Mick Jagger, hoofsanger van The Rolling Stones. Hulle is in 1990 getroud, maar die huwelik is onwettig verklaar. Die paartjie is toe in 1999 uitmekaar. Jerry en Mick het saam vier kinders: Georgia, Elizabeth, Gabriel en James.

Elizabeth en Georgia was hul ma se strooimeisies en Rupert se dogters, Grace en Chloe, was die blommemeisies.

 

Daar was natuurlik ’n paar bekende gesigte onder die gaste, soos die Britse akteur sir Michael Caine, die sanger sir Bob Geldof en komponis sir Andrew Lloyd Webber.

Sir Michael Caine

Sir Bob Geldof

Sir Andrew Lloyd Webber

 

Jade Jagger

Die uitvoerende voorsitter van News Corp en 21st Century Fox het in ’n twiet gesê hy is die gelukkigste man in die wêreld.

Baie geluk, Rupert en Jerry!

Bron:  Daily Mail

Lees nou: